Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA werk nou vir verandering, hoop, sê Meyer

Ware hoop. Ware verandering. Nou.

Dít is die tema van die DA se federale kongres van later vandeesmaand wat die party Woensdag bekend gestel het.

Die virtuele kongres vind op 31 Oktober en 1 November plaas en die party se nuwe permanente leiers sal ook dan verkies word.

Die tema van die kongres is volgens dr. Ivan Meyer, die DA se tussentydse federale voorsitter, ’n verklaring van voorneme én die DA se aanbod aan Suid-Afrikaners.

Dr. Ivan Meyer Foto: SON

“Die tema verpersoonlik ’n DA wat hard besig is om te bou aan ’n nuwe meerderheid in Suid-Afrika wat die land uit die kloue van swak regering en korrupsie sal sien kom.

“Met alles wat die DA doen, werk ons om ’n beter toekoms vir ons land met werklike hoop vir werklike verandering te bied,” het Meyer Woensdag gesê.

Die party het Dinsdag aangekondig John Steenhuisen, tussentydse DA-leier, en Mbali Ntuli, DA-lid van die KwaZulu-Natalse wetgewer, sal om die DA-leierskap meeding.

Meyer sal onbetwis staan vir die pos van federale voorsitter.

Anton Bredell, dr. Annelie Lotriet, Refiloe Nt’sekhe en Jacques Smalle sal sake uitspook vir die drie poste van adjunk- federale voorsitters.

Net ná die kongres sal die party se federale raad vergader om ’n voorsitter, twee adjunkvoorsitters en ’n federale voorsitter van finansies te kies.

Helen Zille, huidige voorsitter van die federale raad, sal deur Mike Moriarty uitgedaag word om dié pos.

James Masango en Thomas Walters sal onbetwis staan vir die twee poste van adjunk-voorsitters van die federale raad.

Dr. Dion George sal onbetwis staan vir federale voorsitter van finansies.

Die suksesvolle kandidate sal op 1 November aangewys word.

Meer oor:  Da  |  Helen Zille  |  John Steenhuisen  |  Anton Bredell
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.