Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA Wes-Kaap kies die naweek nuwe leiers

Die DA in die Wes-Kaap besluit die naweek wie die party in dié provinsie vir volgende drie jaar gaan lei.

Volgens die party sal die kongres weens die Covid-19-pandemie op ’n heel ander manier as in vorige jare aangebied word.

Dit is ’n virtuele kongres en afgevaardigdes sal hul stemme elektronies in ses lokale oor die provinsie heen of van hul huise af uitbring.

Bonginkosi Madikizela, die huidige provinsiale leier van die DA in die Wes-Kaap. Foto: Verskaf

In Kaapstad is daar lokale in die burgersentrums in Parow en Kaapstad, in die Paarl is dit in die Huguenot-saal en daar is lokale in Laingsburg, Mosselbaai en Swellendam.

Benoemings vir kandidate het op 8 November gesluit en sowat 1 200 afgevaardigdes sal Saterdag die lede van die uitvoerende komitee kan kies.

Bonginkosi Madikizela, die huidige provinsiale leier, word vir die toppos deur Masizole Mnqasela, speaker van die provinsiale wetgewer, asook Wendy Philander en Pieter van Dalen uitgedaag.

Die leierskapstryd is in omstredenheid gedompel nadat Madikizela daarvan beskuldig is dat hy Mnqasela in ’n moordkomplot uit die weg wou ruim.

Helen Zille, DA-voorsitter van die federale raad, het Vrydag sê die federale uitvoerende gesag het dié ernstige aantyging ondersoek en as onwaar bevind.

“Die bron van die valse gerug, ’n man wat slegs as Zizi bekend is, is deur die federale regskommissie opgespoor, waarna hy ’n beëdigde verklaring afgelê het,” sê Zille.

Die Speaker van die provinsiale wetgewer Masizole Mnqasela.Foto: Peter Abrahams

Sy sê ná ’n volledige ondersoek het hulle tot die gevolgtrekking gekom dat die “moordkomplot” en vergadering waarna Zizi verwys het, nie kon plaasvind nie omdat die genoemde restaurant steeds op 18 September weens die staat van inperking gesluit was.

Vir die pos van adjunkleier sal Albert Fritz en Tertius Simmers, Wes-Kaapse LUR’e vir onderskeidelik gemeenskapsveiligheid en menslike nedersettings, en Pieter van Dalen mekaar die stryd aansê.

Vir die pos van provinsiale voorsitter sal James Vos, Jaco Londt en Pieter van Dalen mekaar pak.

Geordin Hill-Lewis, Anthony Moses, Albert Ntsodo, Anna Louise Rabie, Jean Pierre Smith, Antoinette Steyn, Grant Twigg, Pieter van Dalen staan vir die ondervoorsitterspos.

Deidré Baartman, Erik Marais, Daylin Mitchell, Grant Twigg, Pieter van Dalen ding mee om die pos as provinsiale voorsitter van finansies.

Vir die vier poste as bykomende lede het Arlene Adams, Margaretha Andreas, Gillion Bosman, Lorraine Botha, Helen Coetzee, Peter Helfrich, Ericke Johnston, Patrick Mckenzie, Nicholas Myburgh, Carl Pophaim, Anna Louise Rabie, Zimkhitha Sulelo, Sumaya Taliep en Pieter van Dalen hulle naam in die hoed gegooi.

Meer oor:  Da  |  Bonginkosi Madikizela  |  Wes-Kaap  |  Leiers  |  Verkiesing  |  Kongres
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.