Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA wil by LUR weet oor sterftes op O-Kaapse paaie

Die jongste sterftesyfer in die feestyd wat verlede week deur Fikile Mbalula, minister van vervoer, in ’n verslag uitgereik, is, toon duidelik dat padveiligheid op Oos-Kaapse paaie ’n bron van kommer is.

Marshall von Buchenroder, DA-lid in die Oos-Kaapse wetgewer, sê Mbalula het aangekondig dat van die 1 617 mense wat in die afgelope feestyd op Suid-Afrikaanse paaie dood is, 242 hulle lewe op Oos-Kaapse paaie verloor het.

“Dit is die derde hoogste sterftesyfer in die land, wat beteken dat die sterftesyfer op Oos-Kaapse paaie vir die derde agtereenvolgende jaar gestyg het.

“In die 2018-feestyd het die Oos-Kaap 238 sterftes gehad, teenoor 213 in 2017. Selfs net een sterfte op ons paaie is een te veel,” sê Von Buchenroder.

Hy voeg by dat die LUR vir vervoer, Weziwe Tikana-Gxothiwe, se ingrypingstrategie steeds nie daarin slaag om die aantal sterftes op paaie in die Oos-Kaap te verminder nie.

“Etlike van hierdie sterftes word toegedig aan spoed of roekelose en nalatige bestuur. Daar is ’n sin van wetteloosheid op ons paaie. Bestuurders doen net wat hulle wil, want daar is niemand wat hulle daarvoor aanspreeklik hou nie.

In die 2018-feestyd het die Oos-Kaap 238 sterftes gehad, teenoor 213 in 2017.

“Ons moet wetstoepassing oor 24 uur van die dag implementeer, soos wat Tikana-Gxothiwe ons reeds sedert 2018 belowe. Hierbenewens moet verkeersbeamptes se moraal ook aangespreek word deur kwessies rakende oortydwerk op te los.

“Amptenare is toegelaat om net vier ure oortyd elk te werk oor die hele feestyd,” aldus Buchenroder.

Hy sê dat hy steeds wag vir antwoorde op vrae wat hy aan die LUR gerig het oor hoekom die 24 uur-program nog nie toegepas word nie, asook vir ’n opsomming van die inisiatiewe wat tydens die feestyd plaasgevind het.

“Sigbaarheid en streng wetstoepassing vir die hele jaar, nie net seisoenale planne nie, kan die hoë sterftesyfer op die paaie in die Oos-Kaap skerp verminder.”

Hy sê verkeersbeamptes moet streng optree teen padgebruikers wat hulle eie en ander se lewens in gevaar stel.

Meer oor:  Fikile Mbalula  |  Oos-Kaap  |  Sterftes  |  Padsterftes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.