SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Politiek
DA wil hof toe oor ANC sy foto, slagspreuk gebruik

Die DA het regshulp ingewin en sal ’n prokureursbrief aan die ANC stuur om hom te beveel om die gebruik van sy verkiesingslagspreuk “One South Africa for All” onmiddellik te staak.

Mmusi Maimane,
Mmusi Maimane, leier van die DA, op die party se federale kongres in Pretoria in April 2018. Agter op die skerm verskyn die foto wat volgens die DA deur sy eie bemarkingspan geneem is en sy intellektuele eiendom is.

As die ANC nie daaraan gehoor gee én om verskoning vra nie, wil die DA hom hof toe sleep.

Die DA het die ANC vandeesweek daarvan beskuldig dat hy ’n foto met dié slagspreuk by hom gesteel het. Die ANC het die foto op sy Facebook-blad geplaas met ’n aanhaling van pres. Cyril Ramaphosa onderaan. Hy ontken dat hy dit by die DA gesteel het, maar het dit sedert die DA gekla het, van sy blad verwyder.

Op dié foto staan ’n juigende groep mense met plakkate wat die woorde “One South Africa for All” uitspel.

Solly Malatsi, DA-woordvoerder, sê die foto is deur ’n fotograaf in die DA se eie bemarkingspan geneem en dit is sy intellektuele eiendom. Dit is vergroot en vir die eerste keer as agtergrond gebruik vir ’n toespraak deur Mmusi Maimane, DA-leier, op die party se federale kongres in April 2018.

Die foto was volgens Malatsi nêrens anders beskikbaar as op die DA se webtuiste nie, totdat die ANC dit op Facebook geplaas het.

Die foto soos dit op die ANC se Facebookblad verskyn het by ’n aanhaling van pres. Cyril Ramaphosa. Die foto is intussen van die ANC se Facebookblad verwyder. Foto: Facebook/MyANCza

“Die ANC het ontken dat hulle die slagspreuk gesteel het en sê dis onmoontlik (om dit te steel), omdat die DA nog nie sy verkiesingsveldtog geloods het nie. Dit is ’n volslae leuen, want ons het ons veldtog al op 22 September 2018 geloods,” lui die DA se verklaring.

Zizi Kodwa, hoof van die presidensie in die ANC, het by navraag gesê: “Die DA is onder die see en sink net dieper. Ons sal nie van stryk gebring word nie. Wat die DA doen, is ’n teken dat hulle irrelevant en onbenullig is.”

Kodwa wou glad oor die meriete van intellektuele eiendomsdiefstal praat nie.

Die DA het gesê die ANC se gebrek aan oorspronklikheid toon dat hy niks het om vir Suid-Afrikaners aan te bied nie en is ’n verdere motivering vir kiesers om hom by die stembus te “straf”.

Die party sê dit is skandalig dat die ANC beweer hy wil “een Suid-Afrika vir almal” bou terwyl dit glad nie die geval is nie.

Meer oor:  Mmusi Maimane  |  Anc  |  Slagspreuk  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.