Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA wil saam met ANC werk om ekonomie te laat groei

Die DA sal pres. Cyril Ramaphosa en sy bondgenote in die ANC help om in die belang van Suid-Afrika ekonomiese hervormings in die parlement deur te voer.

Dít was Woensdag John Steenhuisen, tussentydse DA-leier, se boodskap in ’n vurige parlementêre debat oor die regering se ekonomiese herstelplan wat onlangs bekend gestel is.

Hoewel die plan heelwat positiewe aspekte bevat, het Steenhuisen daarop gesinspeel dat sekere ANC-lede nes vorige kere die hervormings wat die plan voorstel, in die wiele gaan probeer ry.

Volgens Steenhuisen sal ANC-lede wat wel die hervormings ondersteun met DA en ander opposisiepartye oor die meerderheid in die parlement beskik om hervormings oor arbeid, energie en die fiskus deur te voer.

“Die vyande van ekonomiese groei, meneer president, sit oral rondom jou. Maar daar is ’n ompad. Daar is ’n manier om die vyande van groei te systap om die hervormings deur te voer.

“Tussen diegene op jou banke wat glo in die mag van ekonomiese hervormings, en die lede hier aan my linkerkant, sal ons ’n meerderheid hê. Ons sal enige hervorming wat ons wil kan goedkeur in die huis,” sê Steenhuisen.

Die vyande van ekonomiese groei, meneer president, sit oral rondom jou. Maar daar is ’n ompad. Daar is ’n manier om die vyande van groei te systap om die hervormings deur te voer.

Dirk Kotzé, ’n politieke ontleder van Unisa, sê hoewel Steenhuisen se samewerkingsvoorstel tegnies haalbaar is, sou dit “politieke selfdood” vir Ramaphosa wees.

“Dit sal ook nooit so werk dat sommige in die ANC vir ’n kwessie stem en ander daarteen nie. Die party het ’n parlementêre koukus en stem in partyverband soos ander politieke partye ook doen.”

Volgens hom wil die DA probeer relevant bly omdat hy vir ’n ruk sentraal gestaan het in die debat oor of die inperking verslap moet word. Namate die inperking egter afgeskaal is, het die debat oor die opheffing van die inperking en die DA se stem gekwyn.

“Ons moet ook onthou dat die DA se leierskapskonferensie binnekort plaasvind en dat Steenhuisen, wat tot partyleier verkies wil word, ’n indruk probeer maak.”

Theo Venter, ’n politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit (NWU), sê Steenhuisen wil met sy samewerkingsvoorstel verdeeldheid in die ANC saai. Die DA sal volgens hom baat vind daarby.

“Ramaphosa is egter te slim om op sulke stellings van die DA te reageer,” sê hy.

Ons moet ook onthou dat die DA se leierskapskonferensie binnekort plaasvind en dat Steenhuisen, wat tot partyleier verkies wil word, ’n indruk probeer maak.

Volgens Venter is die ANC beslis grotendeels verenig agter die ekonomiese herstelplan ná die afgelope konferensie van die party se nasionale uitvoerende komitee.

“Die Covid-19-pandemie het die wind uit die seile gehaal van die aanhangers van radikale ekonomiese transformasie en die kommuniste in die party. Almal besef hoe belangrik is dit nou dat die ekonomie moet groei,” sê Venter.

Volgens hom is die toepassing van die plan egter ’n ander saak en die ANC-regering het die afgelope 26 jaar goeie idees gehad, maar het dit selde tot uitvoering gebring.

Meer oor:  John Steenhuisen  |  Ekonomie  |  Da  |  Ekonomiese Herstelplan  |  Cyril Ramaphosa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.