Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA wil skoonheidsbedryf weer aan gang kry

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering, het tot Woensdag om redes te verskaf waarom mense in die skoonheids- en haarkapperbedryf steeds nie mag werk nie.

Dean Macpherson, DA-LP, het Dinsdag gesê hy het in ’n brief aan Dlamini-Zuma redes gevra vir die voortgesette verbod op persoonlike dienste soos haarkappers en skoonheidsalonne.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering, staar ’n moontlike hofsaak in die gesig oor skoonheidsalonne en haarkappers wat steeds nie mag werk nie. Foto: Argief

“Die kriminalisering van die persoonlike versorgingsdienste op vlak 3 is irrasioneel, arbitrêr en onwettig. As die minister nie teen Woensdag 14:00 ons brief beantwoord nie, het ons geen ander keuse nie as om die hof te nader,” sê hy.

Macpherson sê Dlamini-Zuma het geen feite verskaf oor waarom hierdie bedryf nie kan heropen nie.

“Dit is onaanvaarbaar.”

Hy sê duisende Suid-Afrikaners verdien ’n maandelikse inkomste uit die bedryf.

“Ons litigasie is veral vir die enkelma’s en jong entrepreneurs wat geen ander bron van inkomste het as die persoonlike versorgingsdienste nie,” sê hy.

Die voortgesette verbod op dié bedryf lei daartoe dat honderde en duisende mense geen inkomste kan genereer nie in ’n baie stresvolle en ’n moeilike finansiële tydperk in Suid-Afrika.

“Die Covid-19-pandemie ruk mense se lewe uitmekaar en die gevolg is dat al hoe meer mense op die lys beland vir toelae.”

Macpherson het gewys op die raming van die nasionale tesourie oor sowat 50% van Suid-Afrikaners hul werk tydens die pandemie sal verloor.

“As dit nie gekeer word nie, sal die absurde maatreëls van die minister verseker dat dié voorspellings waar sal word.”

Dit is duidelik dat die ondernemings voldoen aan die regulasies vir higiëne, hulle kan enige mense wat moontlik in kontak gekom het en of die virus het, opspoor en ook ’n gesonde afstand handhaaf om die verspreiding tussen klante te voorkom.

“Om hulle uit die ekonomie te hou terwyl baie ander bedrywe toegelaat word om weer sake te doen, het geen sin nie,” sê hy in die verklaring.

Die DA sal dit nie toelaat nie en “ons sal doen wat ons kan om die bedryf so gou as moontlik weer oop te stel.”

As dit nie gekeer word nie, sal die absurde maatreëls van die minister verseker dat dié voorspellings waar sal word.

Intussen het Jade Tome, woordvoerder van adv. Carlo Viljoen, nie gereageer op navrae of hulle saam met die DA gaan werk om die regulasies te beveg nie.

Viljoen het verlede week ’n dringende aansoek in die hooggeregshof in Kaapstad ingedien oor presies dieselfde kwessie. Regter Lee Bozalek het egter sy aansoek van die hand gewys omdat die aansoek teen die verkeerde minister gebring is. Viljoen se saak was teen die minister van gesondheid en nie teen die minister van samewerkende regering nie.

Macpherson het bevestig Viljoen is nie deel van hulle aansoek nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.