Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA wis Mmusi se twiet oor plase gou uit

Die DA het die afgelope week stilletjies ’n twiet uitgewis waarin sy leier gesê het dat plaaswerkers ’n aandeel “móét besit” in die grond waarop hulle werk.

Dit is strydig met die DA se eie beleid oor grondhervorming.

Mmusi Maimane verlede week by ’n DA-geleentheid in Atteridgeville, Pretoria. Foto: Jacob Rooi

“As jy op ’n plaas werk, dan moet jy in daardie plaas besit (sic). Ons staan sterk daarop,” het Mmusi Maimane gesê met ’n besoek Woensdag aan Tembisa in Gauteng.

’n Video van Maimane se opmerkings is ook saam met die twiet geplaas, en Maimane het dit op sy eie Twitter-rekening herhaal.

Boaan is geskryf dat die DA-leier in hierdie twiet die party se standpunt oor grondhervorming “deeglik verduidelik”.

Minder as twee uur later is die twiet egter deur die DA uitgewis.

Malatsi kon geen verduideliking gee nie.

Rapport het gaan antwoorde soek.

“Ons beleid is dat plaaswerkers aandele in die plase waarop hulle werk kan besit deur vrywillige aansporingsvennootskappe,” het Azola Mboniswa, Maimane se woordvoerder, in reaksie gesê.

“Dit word benadruk deur ons beleid oor aandeelskemas vir landelike grond.”

Die skemas maak dit vir plaaswerkers moontlik om aandele in plase te koop met geld wat deur die regering verskaf word.

Volgens Mboniswa het meer as 70% van hierdie tipe skemas in die Wes-Kaap geslaag.

Thandeka Mbabama, DA-LP en die party se woordvoerder oor landelike ontwikkeling en grondhervorming, het verlede jaar gesê dat hierdie skemas, eerder as grondonteiening sonder vergoeding, voorkeur moet geniet.

“Ons glo in private eiendomsreg en ondersteun die eiendomsklousule ten volle soos dit in art. 25 van die Grondwet geformuleer is,” sê Mboniswa.

Die twiet wat deur die DA verwyder is.

Maimane het verlede jaar as deel van die party se Werkersdagvieringe gesê grondhervorming gaan vir die DA daaroor om individuele begunstigdes op lang termyn te bemagtig.

Hy het die dag gevier saam met plaaswerkers wat deur die Bosman-Adama-Werkerstrust aandele verkry het in Bosman Family Vineyards naby Wellington.

As deel van die skema is sowat R100 000 se aandele in 2008 aan elk van die sowat 260 plaaswerkers gegee wat sedertdien jaarliks dividende ontvang.

Toe Rapport Solly Malatsi, die DA se woordvoerder, vra waarom die party die twiet verwyder het waarin Maimane kwansuis die party se beleid verduidelik, het hy geen verduideliking verskaf nie.

Meer oor:  Mmusi Mai­Mane  |  Grondbeleid  |  Verkiesing 2019  |  Da  |  Grondbesit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.