Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Dáárom ontwrig EFF nie Cyril se staatsrede

Omdat pres. Cyril Ramaphosa aan hul “eise voldoen” het, het die EFF van sy dreigement afgesien om die staatsrede Donderdagaand te ontwrig.

Dít was Vrydag die amptelike verklaring van die party wat daarvoor bekend is dat hy oudpres. Jacob Zuma se staatsrede telkens ontwrig het.

EFF Leader Julius Malema.
EFF Leader Julius Malema.

Julius Malema, EFF-leier, het in Januarie gedreig as Ramaphosa nie voor die einde van die maand alles oor sy verhouding met die omstrede dienstemaatskappy Bosasa op ’n mediakonferensie bekend maak nie, sal die EFF die parlement versoek om die staatsrede in ’n vraag-en-antwoord-sessie te verander om antwoorde by die president te kry oor sy bande met Bosasa.

Dit was nadat Ramaphosa in November verlede jaar in vraetyd in die Nasionale Vergadering op ’n vraag oor ’n Bosasa-skenking van R500 000 aan sy seun Andile geantwoord het dat hy (Andile) konsultasiewerk vir die maatskappy doen.

Ramaphosa het Baleka Mbete, speaker van die NV, egter later per brief ingelig dat hy vasgestel het sy veldtog om ANC-president te word is onder meer met R500 000 deur Bosasa gefinansier. Dit was egter sonder sy medewete.

Die DA het die kwessie na die openbare beskermer verwys om te ondersoek of Ramaphosa die etiese gedragskode vir die uitvoerende gesag oortree het, terwyl die EFF duidelikheid oor die hele kwessie geëis het.

Ramaphosa het Donderdag sy toespraak sonder enige onderbrekings deur die EFF gelewer.

Die EFF voer aan Ramaphosa het aan hul “eise voldoen”.

Mathekga dink egter ook dit is moontlik dat ’n ooreenkoms van een of ander aard tussen hulle bereik is.

“Ons het gesê hy moet skoon kom oor die Bosasa-geld en hy moet dit op ’n oop platform kommunikeer. Hy het dit gedoen, nie net teenoor eNCA nie, maar ook in ’n verklaring aan die OB oor die kwessie. Dit wys hy is ’n man wat homself nie as verhewe bo die reg beskou nie, want almal van ons moet aanspreeklik wees . . .”

Ralph Mathekga, politieke ontleder aan die Universiteit van Wes-Kaapland, sê Ramaphosa het die EFF duidelik uitoorlê deur aan die begin van sy staatsrede te verklaar dat hy die vorige dag met sowel Malema as Mmusi Maimane, DA-leier, gepraat het.

“Hul praktyk is nie meer so aanvaarbaar soos met Zuma nie. Dit is ’n nuwe president en daar is geen regstreekse morele grondslag om sy toespraak te ontwrig nie.

“Die president is ook goed daarmee om hulle te neutraliseer. Hulle was in ’n hoek, want hy sê daar was ’n gesprek, so waarom sou hulle steeds sy toespraak wil ontwrig? Ek dink hy het hulle uitoorlê. Hy is goeie diplomaat.”

Mathekga dink egter ook dit is moontlik dat ’n ooreenkoms van een of ander aard tussen hulle bereik is.

Meer oor:  Pres. Cyril Ramaphosa  |  Julius Malema  |  Eff  |  Staatsrede 2019  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.