Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Dankie tog,’ sê ANC oor hofuitspraak

Die ANC is verheug dat ’n hofaansoek wat die verkiesings van pres. Cyril Ramaphosa en ander ANC-topleiers ter syde wou laat stel, misluk het, sê Pule Mabe, ANC-woordvoerder.

Die regerende party meen ook dat hierdie hofuitspraak ’n duidelike boodskap aan sy erg verdeelde lede en faksies moet stuur dat die howe nie daar is om interne aangeleenthede op te los nie.

Pule Mabe. Foto: Sarel van der Walt

Mabe het Donderdag namens die regerende party Woensdag se uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria verwelkom teen ’n aansoek wat gepoog het om die ANC se 54ste nasionale konferensie ongeldig te verklaar.

Ramaphosa is op dié konferensie in Desember 2017 in Johannesburg gekies om oudpres. Jacob Zuma as die ANC se president te vervang.

“Die (hof-)pogings deur ’n sakeman van KwaZulu-Natal om die verkiesing van die ANC se topses-leiers ter syde te stel sou enorme gevolge vir ons (die ANC se) grondwet en die funksionaliteit van die hele organisasie gehad het,” het Mabe Donderdag in ’n verklaring gesê.

“Ons neem kennis van die hof se besluit om hierdie ligsinnige pogings te verwerp wat daarna gestreef het om die ANC se reputasie skade te berokken.

“Die ANC is ook tevrede dat die hof die applikant beveel het om die regskoste van die hofgeding te betaal.”

Volgens Mabe het die uitspraak ook ’n sterk boodskap gestuur aan ANC-lede wat glo dat die howe die enige manier is om interne ANC-kwessies op te los.

‘Die ANC meen indien dié optrede van sy lede voortgaan, sal dit ’n chaotiese presedent skep wat die party se demokratiese prosesse kan verlam.”

Die regerende party het volgens Mabe daarom ’n beroep gedoen op sy lede om hulle daarvan te weerhou om die howe te nader om interne partykwessies op te los.

Meer oor:  Pule Mabe  |  Cyril Ramaphosa  |  Pretoria  |  Verkiesings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.