Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
De Lille aan Mmusi: ‘Ek het jou mos gesê’

Die minister van openbare werke en leier van die Good-party, Patricia de Lille, het Woensdagaand gesê dat sy die DA-leier Mmusi Maimane gewaarsku het dat hy “ingesluk en uitgespoeg” sal word as hy nie by sy beginsels staan nie.

Maimane het Woensdag sy bedanking as leier van die DA aangekondig en die party se voorsitter, Athol Trollip, het kort daarna in sy spore gevolg en ook sy bedanking ingedien.

Ek haat dit om te sê ‘ek het jou mos gesê’, maar nou gaan ek dit in elk geval sê.

De Lille sê toe sy op 31 Oktober 2018, op haar eie voorwaardes, uit die DA bedank het, was dit ná bitter lesse wat sy geleer het dat die party se beleidsrigtings maar net ’n fasade is, en nie klop met die praktyk in die regering nie.

“Ek haat dit om te sê ‘ek het jou mos gesê’, maar nou gaan ek dit in elk geval sê. Ek voer nie aan om ’n sangoma te wees nie, maar ek het Mmusi Maimane gewaarsku dat die party se skoothondjies hom gaan insluk en gaan uitspoeg as hy nie by sy beginsels staan nie. Hy het die blou trein sien kom, maar nie geweet hoe om uit die pad te kom nie,” het De Lille gesê.

Sy het bygevoeg Maimane en sy hanteerders het nie ’n idee wat beginselvaste leierskap is nie.

“Die DA is op ’n pad van verwoesting. Dit is beter dat ons hulle nie pla nie. Besorgde Suid-Afrikaners moet saamstaan vir die ‘common Good’ ”.

Haar boodskap aan Maimane was: “Goodbye, ek is bly om te sien jy gaan.”

Meer oor:  Patricia De Lille  |  Da  |  Mmusi Maimane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.