Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
De Lille gereed vir hofstryd

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, sê die DA se topleiers, Mmusi Maimane en James Selfe, weerhou inligting van haar oor die “heksejag” teen haar.

Patricia de Lille Foto: Lerato Maduna

De Lille sê in ’n verklaring sy en haar regsverteenwoordigers het Donderdagoggend die Wes-Kaapse regter-president, regter John Hlophe, gaan spreek oor moontlike hofdatums vir die aansoeke wat sy in die hooggeregshof teen die DA bring.

Sy sê Hlophe het ingestem dat al haar aansoeke saamgevoeg word en dat hy ’n regter sal aanwys sodra al die hofdokumente geliasseer is. Dit behoort teen middel Junie gedoen te wees.

De Lille het gevra haar aansoek dat die sogenaamde Steenhuisen-verslag ter syde gestel word, moet uitgestel word omdat sy nie die nodige dokumente wat sy van die DA gevra het, ontvang het nie.

Dit is die dokumente wat Steenhuisen gebruik het om die bevindinge teen haar te maak, soos die brief van JP Smith, burgemeesterskomiteelid van veiligheid en sekuriteit, wat die hele “heksejag” begin het. In die brief word verskeie aantygings teen De Lille gemaak.

Sy het Maimane en Selfe gevra om dit vir haar te gee, maar het dit nie gekry nie.

Sy het ook vir Steenhuisen gevra, maar sy regsverteenwoordiger het haar laat weet dis vertroulik.

De Lille sê die enigste gevolgtrekking wat gemaak kan word, is dat die DA hierdie inligting nie vir haar wil gee nie omdat die party nie grondige bewyse teen haar het nie.

Sy betwis nie net die Steenhuisen-verslag nie, maar ook haar afdanking as burgemeester, wat teen die naweek verwag word.

Meer oor:  Patricia De Lille  |  James Selfe  |  Musi Maimane  |  Hofstryd  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.