Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
De Lille vra openbare verskoning van 5 DA-lede

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, is op die oorlogspad en eis dat vyf senior DA-lede haar in die openbaar om verskoning vra. Sy sê hulle het valse inligting op sosiale media versprei waarin sy van korrupsie beskuldig word.

Sy het haar prokureurs opdrag gegee om regstappe teen dié lede te doen vir die lasterlike aantygings.

Die DA-lede het glo in Mei ’n vals dokument, wat kwansuis deur die ouditeur-generaal (OG) onderteken is, op sosiale media versprei.

Kimi Makwetu, OG, het ontken dat hy die dokument onderteken het.

In ’n ope brief vra De Lille dat Henk Hugo, Shehana Kajee, Mike Waters en Bronwynn Engelbrecht binne sewe dae ’n openbare verskoning moet uitreik.

“U het sewe dae tot 18 Oktober 2018 om ’n openbare verskoning uit te reik.”

In die brief skryf De Lille: “In Mei vanjaar het die OG die inhoud as vals verwerp. Die OG se handtekening is nie net vervals nie, maar sy kantoor het gesê hulle weet nie wat die oorsprong van die dokument is nie. Deur dié dokument weer te plaas of andersins te versprei, het u lasterlike materiaal oor my gepubliseer, wat vererger word deur die feit dat dit gedoen is as deel van ’n gesamentlike poging om my om politieke redes te diskrediteer.” Hul bedoeling was “venynig, roekeloos en baie skadelik” vir haar reputasie.

Meer oor:  Patricia De Lille  |  Lastersaak  |  Da-Lede  |  Hofsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.