Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Departement sukkel, maar LUR kry peperduur ampsmotor

Die jongste aansuiweringsbegroting in die Oos-Kaapse wetgewer het net onder ’n miljoen rand vir die LUR vir gesondheid se ampsmotor goedgekeur, terwyl slegs ’n derde van dié motor se prys vir rolstoele, gehoorapparate en ortopediese apparate begroot is.

Bobby Stevenson, DA-woordvoerder oor finansies, sê in ’n verklaring dié “rojale” besteding deur die departement van gesondheid, wat op die randjie van ineenstorting is, dui daarop dat die amptenare uit voeling met die werklikheid is.

Bobby Stevenson, DA-woordvoerder vir finansies in die Oos-Kaap. Foto: Argief

Die departement het vir die aansuiweringsbegroting ’n versoek vir R1,8 miljard gerig, maar slegs R325,9 miljoen is Donderdag toegestaan.

Uit dié totaal word daar onder meer R901 000 vir die LUR se ampsmotor voorsiening gemaak, en slegs R325 000 is vir rolstoele, gehoorapparate en ortopediese produkte bestem.

“Wanneer ’n nuwe LUR ná die verkiesing intree, sal die LUR geregtig wees op die nuwe motor, so om R901 000 nou te bestee is ’n mors van geld en ons kan dit nie steun nie,” sê Stevenson in die verklaring.

Maar Lwandile Sicwetsha, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van gesondheid, het ten sterkste ontken dat Helen Sauls-August, die LUR vir gesondheid, ’n nuwe motor sal kry.

“Die LUR gebruik tans die motor wat sy in haar voormalige amp as (LUR vir) menslike nedersettings gebruik het. Die huidige bedrag wat in die aansuiweringsbegroting verskyn, is vir die staatsvoertuig wat verlede jaar vir die vorige LUR gekoop is.

“Die faktuur vir die betrokke voertuig is vanjaar ingedien, daarom is die betaling eers vanjaar gedoen,” het Sicwetsha gesê.

Jane Cowley, DA-woordvoerder vir gesondheid in die provinsie, het toe gesê dié eisbedrag wat oor die departement se kop hang, is meer as sy algehele begroting vir 2017-’18 van R22,336 miljard.

Hy het nie gereageer op ’n vraag oor water tipe voertuig dit is nie.

Vir die aansuiweringsbegroting het die onderskeie departemente altesaam ’n bykomende R4 076 miljard aangevra, maar slegs R675 miljoen is toegestaan.

“Daar is geen twyfel dat die provinsie ’n tekort aan geld het nie. In die laaste boekjaar is R1,4 miljard aan nie-noodsaaklike dinge bestee, wat onder meer R101,5 miljoen vir spyseniering, R565 miljoen vir konsultante en R792 miljoen vir vervoer en verblyf ingesluit het.

“Niemand gun nie die LUR vir gesondheid ’n veilige en ordentlike voertuig om mee rond te ry nie, maar gegewe die finansiële krisis waarin gesondheid is, moet die LUR ’n voorbeeld stel.”

Netwerk24 het vroeër berig die ouditeur-generaal het in sy verslag vir die 2017-’18-boekjaar sy bedenkinge uitgespreek oor die departement se finansiële volhoubaarheid, nadat dié departement onder meer aanspreeklik gehou word vir eise vir mediese nalatigheid van meer as R24 miljard.

Jane Cowley, DA-woordvoerder vir gesondheid in die provinsie, het toe gesê dié eisbedrag wat oor die departement se kop hang, is meer as sy algehele begroting vir 2017-’18 van R22,336 miljard.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.