SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Politiek
Deur groter oop vir onafhanklike kandidate

’n Uitspraak in die konstitusionele hof oor politieke partyfinansiering kan die deur oopmaak vir onafhanklike kandidate om in provinsiale en nasionale verkiesings te staan.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng Foto: Jabu Kumalo

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het in sy uitspraak op 21 Junie die kieser se reg bevestig om ingelig te word oor wie politieke partye en onafhanklike wykskandidate finansier.

In sy uitspraak het hy egter ook ’n ander fundamentele reg van die burgers bevestig as dit by politieke keuses kom, soos in art. (19) van die Grondwet uiteengesit.

Mogoeng het gesê burgers het die reg om in verkiesings te stem vir enige wetgewende liggaam, en deel te neem aan partypolitiek, maar – ook van kardinale belang is – “om te staan ??vir ’n openbare amp en, indien verkies, om die amp te beklee”.

“Ons Grondwet beperk nie hierdie reg net tot die plaaslike regeringsvlak nie,” lui paragraaf 29 van die eenparige uitspraak.

“Die reg om te staan vir ’n openbare amp is gekoppel aan die reg om te stem in verkiesings vir enige wetgewende liggaam wat grondwetlik gevestig is.”

“Dit beteken dat elke volwasse burger ingevolge die Grondwet as onafhanklike kandidaat kan staan om verkies te word tot munisipaliteite, provinsiale wetgewers of die Nasionale Vergadering.”

Meer oor:  Mogoeng Mogoeng  |  Konstitusionele Hof  |  Verkiesing  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.