Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Didiza lei komitee wat Grondwet sal wysig
Thoko Didiza
Thoko Didiza, ANC-LP. Foto: Deon Raath

Thoko Didiza, senior ANC-LP en voormalige minister van landbou, is Dinsdag as voorsitter van die parlementêre ad hoc-komitee verkies wie se taak dit sal wees om art. 25 van die Grondwet te wysig.

Jackson Mthembu, ANC-hoofsweep, het Didiza gelukgewens met haar verkiesing deur lede van die veelpartykomitee.

Die komitee, wat in Desember op die been gebring is, het Dinsdag vir die eerste keer byeengekom. Die komitee is daarvoor verantwoordelik om die wetgewing te skryf om art. 25 van die Grondwet te wysig om voorsiening te maak vir onteiening van grond sonder vergoeding.

Die ad hoc-komitee bestaan uit 11 LP’s – ANC (6), DA (2), die EFF (1) en twee LP’s wat die kleiner partye sal verteenwoordig wat stemgeregtig sal wees. ’n Verdere 14 nie-stemgeregtigde LP’s sal ook in die komitee dien.

Die komitee is tot stand gebring nadat die ANC, EFF, UDM, NFP, AIC en die APC verlede jaar ten gunste van ’n mosie gestem het om die Grondwet te wysig. Opposisiepartye waaronder die DA, IVP, Cope, VF Plus en die ACDP het daarteen gestem.

Verskeie opposisiepartye het destyds gewaarsku oor prosedurele foute wat gemaak is in die proses van openbare deelname en dat dié proses vooraf deur die ANC vasgestel is. Daar was veral ontevredenheid omdat skriftelike voorleggings van die publiek nie vir dié doel in ag geneem is nie.

Didiza het Dinsdag gesê die komitee sal volgende Vrydag byeenkom om sy program te bespreek.

Meer oor:  Thoko Didiza  |  Parlement  |  Wysiging  |  Grondwet  |  Art.25
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.