Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Dié 2 oudministers weer in parlement

Tina Joemat-Pettersson, die byna vergete voormalige minister van landbou, bosbou en visserye, is een van die ANC-lede wat volgende week as LP na die parlement terugkeer.

Sy was ’n groot vertroueling van oudpres. Jacob Zuma.

Tina Joemat-Pettersson. Foto: Argief

Maite Nkoana-Mashabane, wat minister van internasionale betrekkinge en samewerking in Zuma se kabinet was, sal ook weer haar plek in die Nasionale Vergadering inneem.

Nkoana-Mashabane is 35ste op die ANC se lys – net drie plekke laer as Jeff Radebe, minister van energie en die enigste kabinetslid wat onder al die presidente sedert 1994 gedien het.

Joemat-Pettersson is 74ste.

Collen Maine, ANC-jeugligaleier, wat lank ’n stoere Zuma-ondersteuner was, maar later sy gewig agter pres. Cyril Ramaphosa ingegooi het, se naam verskyn 47ste op die ANC-lys. Hy staan ook bekend as “Oros”.

Supra Mahumapelo, vorige Noordwes-premier wat verlede jaar deur die ANC herroep is, is 58ste op die lys. Maine het Mahumapelo verlede jaar daarvan beskuldig dat hy hom aan die omstrede Gupta-familie voorgestel het.

Nóg ’n gesig in die ANC-banke sal wees dié van Barbara Creecy wat tot nou die Gautengse LUR vir finansies was. Daar word bespiegel sy kan die nuwe minister van finansies word wanneer Ramaphosa binnekort sy nuwe, en moontlik kleiner, kabinet aankondig.

Twee adjunkministers, Andries Nel (samewerkende regering en tradisionele sake) en Gert Oosthuizen (sport), se name is nêrens te sien nie.

Creecy se naam is 53ste op die lys.

Tito Mboweni, huidige minister van finansies, wat volgens berigte as minister gaan uittree om in Limpopo te gaan boer, se naam verskyn 22ste op die lys.

Jackson Mthembu, wat tot nou die hoofsweep was en dalk nou ’n minister kan word, is 24ste.

Dr. Gerhard Koornhof, Ramaphosa se parlementêre raadgewer in die vorige parlement, keer ook terug na die Nasionale Vergadering.

Twee adjunkministers, Andries Nel (samewerkende regering en tradisionele sake) en Gert Oosthuizen (sport), se name is nêrens te sien nie.

Ook nie dié van Kebby Ma­phatsoe (verdediging en militêre veterane), Godfrey Oliphant (minerale bronne) en Hendriëtta Bogopane-Zulu (maatskaplike ontwikkeling) nie.

Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, wat in die 124ste plek op die lys is, Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, op 131 en Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, op 137 keer ook nie na die NV terug nie.

* Aan die DA-kant word Cilliers Brink, wat tot nou toe ’n burgemeesterskomiteelid in die Tshwane-metroraad in Pretoria was, die eerste keer ’n parlementslid.

Meer oor:  Tina Joemat-Pettersson  |  Anc  |  Lp's  |  Politiek  |  Parlement
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.