Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Dié drama was nie nodig, sê Malema

Hy weet nie hoekom die Valke dié keer so “dramaties” opgetree het nie, sê Julius Malema, die EFF-leier, wat hom Dinsdag by die Valke moes aanmeld om ’n waarskuwingsverklaring af te lê.

Dit spruit uit ’n polisie-ondersoek ná ’n voorval in Augustus verlede jaar toe Malema na bewering met die EFF se vyfde verjaardagviering in die Sisa Dukashe-stadion in Mdantsane, Oos-Kaap, skote met ’n aanvalsgeweer, vermoedelik ’n AK47, afgevuur het.

Julius Malema (naas links), die EFF-leier, en senior amptenare van die EFF kort nadat Malema die Valke se hoofkantoor in Pretoria op dié se versoek besoek het as deel van ’n klagte van die afvuur van ’n vuurwapen wat hulle teen hom ondersoek. Foto: Sarel van der Walt

Malema het Dinsdagoggend met sy regspan by die Valke se hoofkantoor in Weavindpark in Pretoria opgedaag en meer as ’n uur daar deurgebring.

Hy het nie ’n waarskuwingsverklaring afgelê nie.

Die EFF-leier was van Ian Levitt, sy prokureur, en twee senior advokate, Tembeka Ngcukaitobi en Laurence Hodes, vergesel.

’n Groot getal EFF-ondersteuners het oorkant die Valke se kantoor op ’n veld byeengekom om hul leier te ondersteun.

“Ek weet nie hoekom hulle (die Valke) so dramaties moes wees nie,” het Malema gesê.

“In die verlede het die Valke geen probleem gehad om met ons (hom en sy regspan) te vergader nie, óf in die EFF se kantoor of in dié van die prokureurs nie,” het Malema aan joernaliste gesê.

Die klagte oor die beweerde afvuur van ’n vuurwapen in ’n openbare plek, is kwaadwillig, sê Malema.

Hy sê vyf klagte is aan hom gestel, maar hy kon nie sê wat presies die klagte is nie.

“Ek en my regspan dink nie daar is enigiets waaroor ek verantwoording moet doen en verduidelik nie.”

“Ek onderwerp my egter aan die oppergesag van die reg en respekteer die instellings van die staat,” het Malema gesê.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) moet nog besluit of Malema vervolg sal word of nie.

Meer oor:  Valke  |  Julius Malema  |  Waarskuwingsverklaring  |  Eff  |  Politiek  |  Skietvoorval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.