Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Die meeste in die NUK steun Cyril’

Adj.pres. Cyril Ramaphosa geniet die steun van ’n meerderheid ­lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK).

Credit Suisse, ’n leidende finansiëledienstegroep, het sy lede ingelig dat Ramaphosa kan staatmaak op minstens 48 van die 86 lede (topses ingesluit) van die NUK.

David Mabuza, nuwe adjunk ANC-leier, word gelukgewens deur adj. pres. Cyril Ramphosa tydens die bekendmaking van die verkiesingsuitslae van ANC-amptenare Maandag. Foto: FELIX DLANGAMANDLA

“Ons aanvaar dat 38 lede verbind is tot die Jacob Zuma-faksie in die ANC, hoewel sommige van hulle as ‘neutrales’ na vore kan tree soos die ANC aanpas by die nuwe situasie in die party.”

Credit Suisse dui aan van die 48 wat Ramaphosa steun is daar:

  • 29 van die ou NUK;
  • 22 huidige LP’s;
  • agt huidige kabinetslede (15 uit 35 is in die Zuma-kamp); en
  • vyf adjunkministers.

Credit Suisse voorspel voorts dat die land se ekonomie in 2018 beter gaan vaar as die afgelope twee jaar.

Intussen het Rapport korre­spondensie onder oë gehad wat daarop dui dat David Mabuza, ANC-adjunkpresident, Ramaphosa ook nou steun.

Theo Venter, politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit, sê tans is vier van die ses lede van die topses aan Ramaphosa se kant. “Mabuza het sy volle steun aan Cyril belowe. Hoewel Ace Magashule (sekretaris-generaal) ook sulke beloftes gemaak het, word hy nie deur die Cyril-groep vertrou nie. Jessie Duarte (adjunk-sekretaris-generaal) se invloed in hierdie dinamiese proses is ook besig om te verander.”

Die NUK is die party se magtigste besluitnemingsliggaam buite die nasionale konferensie en kan selfs die president van die party herroep, soos in September 2008, toe Thabo Mbeki versoek is om as president te bedank.

Zuma se teenstanders het tot dusver misluk om hom te herroep, danksy Zuma se steun in die vorige NUK. Selfs die nuwe NUK bevat etlike Zuma-lojaliste, onder wie kabinetsministers, soos Bathabile Dlamini (maatskaplike ontwikkeling), Faith Muthambi (staatsdiens en administrasie), Mosebenzi Zwane (minerale bronne), Des van Rooyen (samewerkende regering en tradisionele sake) en Nomvula Mokonyane (water en sanitasie).

Onder die 80 is daar ook ander met ’n bedenklike verlede, soos Pule Mabe, wat tussen September en Desember 2008 geld vir maatskaplike dienste aan politieke vennote uitgedeel en daarvan gebruik het om sy kredietkaart te betaal. Hy was toe tesourier-generaal van die jeugliga.

Obed Bapela, eerste op die NDZ-kandidatelys vir die NUK, is daarvan beskuldig dat hy ’n spazawinkel uit die ambassade in Londen bedryf het. Die vroueslaner Mduduzi Manana, wat sy pos as adjunkminister van hoër onderwys en opleiding verloor het, is ook steeds ’n NUK-lid.

China Dodovu, voormalige adjunkvoorsitter in Noordwes, skryf aan sy kamerade in die provinsie oor die mag van die ANC-leier: “Het julle al ontleed hoe pres. Zuma manalleen die NUK bestuur en beïnvloed het en sy besluite verander het? Die president is ’n magtige pos, moenie aan die mag van Ramaphosa twyfel nie.”

Meer oor:  Cyril ­Ramaphosa  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.