Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Die OB se verslag is vaag oor ‘gevaar’

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), sê sy is dankbaar en verlig dat sy haar ondersoek na die sogenaamde geheime spioenasie-eenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) kon afhandel terwyl ander mense vermoor is toe hulle dieselfde gedoen het.

Mkhwebane het Vrydag bevind min. Pravin Gordhan het onwettig opgetree met die stigting van dié eenheid.

Dié bewerings is al deur verskeie liggame ondersoek en grootliks gediskrediteer.

Sy het nietemin bevind pres. Cyril Ramaphosa moet teen Gordhan optree en dat die vervolgingsowerhede verder ondersoek moet instel. Mkhwebane het streng spertye vir stappe teen Gordhan en kie voorgeskryf.

Mkhwebane het aangehaal uit die Bybelboek Ester en gesê: “En so sal ek na die Koning gaan, wat teen die wet is; En as ek doodgaan, gaan ek dood!”

Gordhan en Ivan Pillay, voormalige adjunkhoof van die SAID, het albei te velde getrek oor die verslag en reeds aangedui dat hulle dit in die hof gaan betwis.

Ná die uitreiking van haar verslag het sy aan City Press, susterskoerant van Rapport, gesê sy is in April gewaarsku dat sy moet “oppas wat sy eet”. Een van die polisiebeamptes wat haar oppas is kort daarna hospitaal toe geneem, en sy beweer hy is vergiftig, maar die polisie self betwis dit en sê niemand het dit aangemeld nie. Brig. Vish Naidoo, woordvoerder, sê dit lyk of die polisielid ’n gewone maagaandoening gehad het.

Mkhwebane beweer twee mense wat fluitjieblasers was oor die spioenasie-eenheid is onder verdagte omstandighede dood. Een is “doodgeskiet” en die ander is dood in ’n “veroorsaakte motorongeluk”.

Mkhwebane het aangehaal uit die Bybelboek Ester en gesê: “En so sal ek na die Koning gaan, wat teen die wet is; En as ek doodgaan, gaan ek dood!”

Dis oënskynlik om te illustreer dat sy sal opkom teen magtige mense.

Volgens haar het baie getuies wat bewyse na haar gebring het, aangedring op anonimiteit “om hul lewe te beskerm”.

Dít is ook waarom haar lys van brondokumente vir haar ondersoek net ’n vae verwysing het na “ander dokumente”.

Sonder om enigsins te skimp waarna sy verwys, sê Mkhwebane by herhaling in haar verslag dat “bewyse wat voor my is” dui op ’n hele rits strafregtelike oortredings en ongerymdhede met die SAID-eenheid.

Mkhwebane het ook gesê sekere besonderhede is uitdruklik nié in haar verslag vervat nie weens veiligheidsvrese.

Meer oor:  Busisiwe Mkhwebane  |  Pravin Gordhan  |  Ivan Pillay  |  Said
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.