Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Dié polisielede verklaar nie belange, sê Cele

Altesame 99 polisiebeamptes het tussen 2014 en 2019 sake met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gedoen.

Dit was in dieselfde tydperk ook die geval met 101 familielede van polisiebeamptes.

Dié inligting blyk uit ’n antwoord van Bheki Cele, minister van polisie, op ’n geskrewe parlementêre vraag deur Andrew Whitfield, DA-LP.

Sy vraag het verband gehou met tenders en kontrakte wat regstreeks aan polisiebeamptes toegeken is en waar polisiebeamptes en direkteurs en/of lede van maatskappye sake met die SAPD gedoen het.

Die waarde van die 20 grootste kontrakte vir dienste wat gelewer is of goedere wat verskaf is, het tussen 2014 en 2019 altesame R6 798 593 bedra.

’n Lys van maatskappye wat die dienste verskaf het, is deur Cele beskikbaar gestel en dit sluit onder meer die oprig van heinings, beskermingsdienste en spyseniering in.

Die grootste kontrak het R3,1 miljoen en die kleinste kontrak het R19 510 beloop.

Volgens Cele het geen polisiebeampte hul belange verklaar nie. Vyf maatskappye het wel hul verwantskap aan familielede wat vir die SAPD werk, bekend gemaak.

Meer oor:  Bheki Cele  |  Sapd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.