Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Digital Vibes: Mkhize moet R4 m. opdok, sê SOE

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het dié week ’n hofaansoek ingedien om miljoene rande te bevries wat betaal is in verband met die omstrede Digital Vibes-kontrak.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. Foto: Darren Stewart

Luidens die hofstukke wil die SOE nagenoeg R4 miljoen terugeis van dr. Zweli Mkhize, geskorste minister van gesondheid, asook sy familie.

Die spesiale tribunaalhof het reeds vroeër ’n bevel toegestaan om R22 miljoen van Digital Vibes se bank- en beleggingsrekeninge te bevries.

Luidens die SOE het hy in sy ondersoek na die kontrak van R150 miljoen op twee “hoogs onreëlmatige en onwettige transaksies” afgekom wat verband hou met Digital Vibes se aanstelling vir die lewering van kommunikasiedienste vir ’n veldtog van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) in 2019, en wat later, in 2020, uitgebrei is vir bewusmaking oor die Covid-19-pandemie.

Volgens die SOE was laasgenoemde kontrak bloot ’n verlenging van die eerste een, hoewel dit ook onwettig was.

Ten beste kan dié gedrag van die minister as onbehoorlik beskou word. In die slegste geval kan sy gedrag as onwettig beskou word.

In sy jongste aansoek voer die SOE aan Mkhize het druk uitgeoefen op Malebona Matsoso, die departement se direkteur-generaal. Mkhize sou glo herhaaldelik boodskappe aan Matsoso stuur om Digital Vibes – waarmee sy voormalige persoonlike assistent en sekretaresse bande het – goed te keur.

“Ten beste kan dié gedrag van die minister as onbehoorlik beskou word. In die slegste geval kan sy gedrag as onwettig beskou word,” het die SOE in sy verslag gesê.

Hou Netwerk24 dop vir meer hieroor.

Meer oor:  Zweli Mkhize  |  Opdok  |  Minister  |  Digital Vibes-Skandaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.