Prasa-fluitjieblaser glo onwettiglik afgedank
Martha Ngoye, wat op 1 September 2015 as hoof van Prasa se regsafdeling aangestel is, het vanoggend getuig sy is op 29 Januarie vanjaar onwettig afgedank deur die Prasa-direksie weens “bitterheid” omdat sy as fluitjieblaser oor onreëlmatighede van dié agentskap voor die Zondo-kommissie getuig het.
Sy getuig na middagete verder.