Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Dís hoekom Bathabile se pensioen teruggehou word

Bathabile Dlamini, oudminister van maatskaplike ontwikkeling, se pensioen word nie aan haar uitbetaal nie, maar dit is nie weens politieke inmenging nie, sê die departement van justisie.

Dit word gedoen in opdrag van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) en Dlamini is bewus van die huidige regsposisie.

Die departement sê hy is nie in ’n posisie om die aard van die opdrag bekend te maak nie.

Dlamini het onlangs in ’n onderhoud met Sunday Times gesê sy het nie geld nie omdat haar pensioen teruggehou word.

Bathabile Dlamini

Sy het haar geldelike probleme as rede gegee waarom sy nie ’n bevel van die konstitusionele hof nagekom het nie.

Dié hof het beveel dat sy ’n gedeelte van twee nieregeringsorganisasies se regskoste moet betaal nadat die organisasies in 2018 ’n hofgeding oor maatskaplike toelae teen haar gewen het.

Die konstitusionele hof het bevind Dlamini het gelieg toe sy ’n hofaansoek van die Black Sash en Freedom Under Law teengestaan het.

Die hof het gelas dat sy 20% van die twee applikante se regskoste moet betaal.

Die kantoor van die prokureur-generaal het ’n ondersoek gelas na Dlamini se bewerings en bevind dat Sassa die opdrag gegee het om haar pensioen terug te hou, het die departement se woordvoerder, Stephen Mahlangu, gesê.

“Die rede waarom die pensioen teruggehou word, is bekend aan die minister en Sassa.”

Die rede waarom die pensioen teruggehou word, is bekend aan die minister en Sassa.

Mahlangu sê tot dusver het nie een party dit bevraagteken of betwis, of aangedui dat daar beplan word om dit te doen nie.

Die prokureur-generaal tree op in opdrag van sy kliënt, naamlik die departemente en staatsinstellings wat hy verteenwoordig.

Daar is litigasie aan die gang en die geding kan nie bespreek word nie

Die besluit om meer inligting bekend te maak berus by Sassa, wat in die geval die kliënt is, sê Mahlangu.

Hy sê al die partye is in besit van alle tersaaklike regsdokumente en is ten volle bewus van die huidige regsposisie. Dit sluit die oudminister in.

Politiek speel nie ’n rol in die werk van die staatsadvokaat nie en sulke bewerings is kwaadwillig en behoort verwerp te word.


Meer oor:  Bathabile Dlamini
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.