Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Dis nie jou jurisdiksie, sê Cyril aan OB

Pres. Cyril Ramaphosa het glo aan Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer, in ’n verslag gesê haar ondersoek teen hom oor ’n skenking vir sy presidensiële veldtog is “buite haar jurisdiksie”.

Pres. Cyril Ramaphosa sê die OB tree buite haar jurisdiksie op.Foto: GCIS

Mkhwebane het Vrydag in haar verslag gesê Ramaphosa het die parlement doelbewus mislei toe hy ’n vraag beantwoord het oor ’n skenking van R500 000 van die omstrede Bosasa vir sy presidensiële veldtog in 2017.

Mkhwebane het aanbeveel die president se veldtog moet ondersoek word vir moontlike geldwassery.

News24 berig egter Ramaphosa het in ’n verslag van 51 bladsye aan Mkhwebane gesê haar bevindinge is ongegrond – voordat sy dit bekend gemaak het.

“Die president aanvaar nie dat die OB jurisdiksie het om die CR17-veldtog te ondersoek nie en enigsins bevindinge daaroor te maak nie,” lui die verslag.

Ramaphosa se regsverteenwoordigers meen sy finansieringsveldtog is gedoen in sy hoedanigheid as ’n ANC-lid en nie ’n openbare staatsamptenaar nie.

Volgens Ramaphosa is die OB se mening dat hy “doelbewus” oneerlik was teenoor die parlement ook onregverdig.

Hy hou vol hy het nie geweet van die R500 000-skenking aan sy veldtog toe Mmusi Maimane, DA-leier, hom daaroor in die parlement gevra het nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.