Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Distrik 6 se mense moet nou hul huise kry – DA

Oudinwoners van Distrik Ses, wat meer as 50 jaar gelede deur die regering uit hul huise gedwing is, is geregtig daarop om so vinnig moontlik by hul nuwe huise in te trek. Die voortdurende vertragings moet ernstige aandag geniet sodat geregtigheid kan geskied.

So het Matlhodi Maseko, DA-lid in die Wes-Kaapse regering, Dinsdag gesê.

Die nasionale en provinsiale departemente van menslike nedersettings en landelike ontwikkeling sowel as die Kaapse metroraad moet Woensdag ’n voorlegging aan die staande komitee oor menslike nedersettings oor die vordering met die bouwerk doen.

Die voorlegging sal in die gebou van die provinsiale wetgewer plaasvind, waarna Distrik Ses besoek sal word.

Maseko sê sy hoop die drie sfere van die regering kan saamwerk om hierdie vertragings te takel sodat die restitusieproses afgehandel kan word.

Matlhodi Maseko, DA-LPW en voorsitter van die staande komitee oor menslike nedersettings in die Wes-Kaapse wetgewer. Foto: Malherbe Nienaber

Begunstigdes wat tussen 1995 en 1998 om teruggawe aansoek gedoen het, kom nou in aanmerking om behuising van die staat te ontvang. Daar is 975 eisers, volgens Maseko.

“In 2019 het die hooggeregshof beslis dat die regering die restitusieproses binne drie jaar moet afhandel,” sê sy.

Alle sektore van die ekonomie, insluitend die boubedryf, is nadelig deur die pandemie geraak, maar Maseko sê twee dekades het reeds verloop sedert die begunstigdes aanvanklik om restitusie aansoek gedoen het.

“Hulle het swaar gekry onder die apartheidsregering.”

Die nasionale regering het nog nie aangedui wanneer die begunstigdes by hul nuwe huise kan intrek nie, en Maseko sê baie van die eisers is ouer as 80 jaar, met sommige wat hul 100ste lewensjaar nader.

“Daarom is dit belangrik dat hierdie wooneenhede met fasiliteite toegerus word om die bejaardes te huisves,” sê Maseko.

Sy het die regering gevra om die restitusieproses so spoedig as moontlik af te handel omdat geregtigheid nie langer vertraag kan word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.