Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
'Dit gaan nie net oor grond, ook ligging en gehalte'

Grondhervorming moet eenvoudig reg uitgevoer word, anders loop Suid-Afrika die gevaar van ’n dramatiese toename in onwettige besettings en die versuim om ongelykhede reg te stel.

Prof. Ruth Hall, van die Instituut vir Armoede-, Grond- en Landboustudies (Plaas) aan die Universiteit van Wes-Kaapland, sê hoewel die aanvraag na grond dikwels op die platteland is, “is die politiek daar rondom baie stedelik”.

“Dit gaan nie net oor grond nie, maar die ligging en gehalte daarvan. Ons loop die gevaar van die massiewe onwettige besetting van oop grond.”

Hall het Dinsdag op ’n ete van die Kaapstad-persklub gepraat.

Prof. Ruth Hall praat Dinsdag ten tyde van ’n ete van die Kaapstad-persklub. Foto: Malherbe Nienaber

Sy is in September aangewys as lid van ’n paneel wat pres. Cyril Ramaphosa oor grondsake moet adviseer.

“Die wetsontwerp oor onteiening sal waarskynlik weer by die parlement ingedien word en sal meer helderheid oor die benadering tot vergoeding bied. Ons sal moontlik ook toetssake in die hof sien en daar is ’n paar wat reeds goed op pad na die konstitusionele hof is.

“Met beleidsekerheid daarby glo ek dat ons die proses sal regkry. As dit egter nie gebeur nie, wag ernstige gevare.”

Volgens Hall was daar die afgelope jaar ’n “dramatiese toename in die besetting van oop stukke grond.

“Sommige mense het die boodskap gekry dat die grond nou aan hulle behoort en hulle gaan nie vir die staat wag nie.

“Versuim om met die grondkwessie af te reken kan skadelik vir die president wees. In Suid-Afrika is daar tans ’n dringendheid tot onteiening sonder vergoeding en die politieke uitdaging is om die omstandighede te vind waar dit kan toegepas word.

“Daar is ’n “reuse-vraag na landelike en stedelike grond in goedgeplaaste gebiede. Waarom kan grond nie geïdentifiseer, onderverdeel en eiendomsreg aan mense gegee word nie?

“Indien pres. Ramaphosa nie daadwerklik optree nie en die ANC swakker in die nasionale verkiesing vaar, ontstaan die moontlikheid dat die party ’n vroeë kongres byeenroep om hom te vervang. Ek dink Ramaphosa is op die agtervoet en word gedwing om die wysiging van die Grondwet te steun.”

Sy benadruk dat die Grondwet reeds ruim voorsiening maak vir onteiening sonder vergoeding in die openbare belang en dat die fokus eerder moet wees op die regering se versuim om dit uit te voer en ’n duidelike wetsraamwerk in plek te stel.

Meer oor:  Grond  |  Grondhervorming
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.