Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Dit is haatmisdaad’
Dr. Pieter Groenewald

Die VF Plus het gister weer ’n formele klag by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien teen ene Banyise Nkosi Jones weens aanhitsing tot rassegeweld met ’n inskrywing op sy Facebook-blad waarin hy ’n foto van ’n wit kleuter geplaas het en ’n boodskap wat onder meer lui die kind is ’n “klein vark” en dat hy binnekort soos ’n dier “geslag” sal word.

Onder dié plasing is ’n opmerking van Sizwe Makathini, een van Jones se Facebook-“vriende”, waarin hy sê “boere” moet vermoor word omdat “Ramaphosa se administrasie” anderpad sal kyk.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, sê in verklaring daar bestaan geen twyfel nie dat sulke haatspraak plaasmoorde en rassegeweld aanhits.

“Dit is veral kommerwekkend dat haatdraende rassiste in die swart gemeenskap, soos hierdie mense, onder die indruk verkeer dat die ANC-regering en pres. Cyril Ramaphosa hulle inderdaad nie steur aan plaasmoorde nie en dit daarom swyend goedkeur,” sê Groenewald.

Die DA het ook Dinsdag gesê dié party gaan ’n aantal plasings op sosiale media waarin daar steun vir plaasmoorde en -aanvalle uitgespreek word, aan die MRK voorlê om te bepaal of dit haatspraak is.

TLU SA het Dinsdag gesê daar was vanjaar al 26 plaasmoorde en 141 aanvalle op plase.

Dianne Kohler Barnard, DA-woordvoerder oor staatsveiligheid, sê in ’n verklaring mense wat sulke boodskappe op sosiale media plaas, moet verantwoordelik gehou word vir hul “venynige en haatlike uitsprake”.

Dié optrede is deel van die DA se plan om veiliger landelike gebiede te skep sodat die land se boere, hul gesinne en hul plaaswerkers sonder vrees kan voortgaan om die land van kos te voorsien, sê sy.

TLU SA het Dinsdag gesê daar was vanjaar al 26 plaasmoorde en 141 aanvalle op plase.

Die laaste paar weke­ was daar ’n skerp toename in aanvalle, asook moorde.

Kohler Barnard sê haatmisdade is nie bloot misdaad wat teen kwesbare groepe gepleeg word nie. Dit is misdade teen individue weens die vooroordele van die plegers van dié dade teen ’n hele groep mense, maar wat gemik is op ’n “beskikbare” slagoffer.

“Navorsing toon daar is ’n regstreekse verband tussen haatspraak – in woord en lied wat gereeld deur politieke leiers gepleeg word – en die onmiddellike toename in aanvalle in landelike gebiede.”

Baie van dié aanvalle gaan boonop gepaard met marteling.

Sy sê dit is ongelooflik dat diegene wat die idee van moord en verkragting van die vroue en kinders van boere en plaaswerkers verheerlik, selde in die hof beland.

“Dié gemeenheid word soms deur politici verromantiseer en aangemoedig.”

Kohler Barnard sê die tyd is ook verby dat die polisie ’n klag van “die diefstal van ’n beursie” ondersoek nadat ’n boer ure lank gemartel is.

Kohler Barnard sê die tyd is ook verby dat die polisie ’n klag van “die diefstal van ’n beursie” ondersoek nadat ’n boer ure lank gemartel is.

“Dít is nie roof nie. Dít is haatmisdaad,” sê sy.

Ook AfriForum gaan vandag saam met die landbou-organisasie Saai met ’n verskerpte veldtog teen plaasmoorde en -aanvalle begin.

Daar sal onder meer ’n ope brief aan Ramaphosa gepubliseer word waarin praktiese stappe uiteengesit word wat die regering behoort te doen om plaasmoorde te beveg.

Chris van Zyl, TLU SA se adjunkhoofbestuurder en ’n oudweermag­generaal, sê hoewel daar ten tyde van die eerste deel van die staat van inperking bykans geen misdaad was nie, het geweld daarna so toegeneem dat die aantal moorde en aanvalle op plase vir die tweede kwartaal vanjaar nou dieselfde is as vir die eerste kwartaal.

“Die baie hoë vlakke van geweld teen slagoffers is buite verband met die ooglopende motiewe, soos roof en diefstal van kontant, vuurwapens en verhandelbare goedere soos rekenaars en selfone,” sê Van Zyl.

“Die besondere hoë vlakke van geweld en onbeskaamde marteling getuig van ’n hoë vlak van rassehaat wat ons baie bekommerd stem.”

Meer oor:  Da  |  Vf Plus  |  Plaasmoorde  |  Rassehaat  |  Facebook  |  Marteling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.