Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Dit sal ‘goed’ wees vir ANC om mag te verloor – Motlanthe
Oudpres. Kgalema Motlanthe Foto: Bongiwe Gumede

Oudpres. Kgalema Motlanthe glo dit sal “goed” wees vir die ANC om politieke mag te verloor.

Hy het in ’n onderhoud met die BBC se televisienuusprogram Hardtalk gesê die ANC het die geleentheid om homself te vernuwe, maar dat dit groot dapperheid van die party gaan verg.

“As hulle daarin misluk, sal hulle die allerlaagste punt moet bereik. Hulle sal verkiesings moet verloor vir dit om in te sink.”

Op ’n vraag van die onderhoudvoerder of dit goed sal wees vir Suid-Afrika as die ANC die volgende verkiesing verloor, het Motlanthe gesê “vir solank as wat hy verbind word met korrupsie en mislukking sal die mense hom uitstem.

“Dit sal goed wees vir die ANC as hy uitgestem word, en laat ek vir jou sê waarom; want die elemente wat in die party vir begunstiging is, sal bedank en hulle sal die (organisasie) verlaat. Slegs dan sal die moontlikheid ontstaan om te red wat ook al oor is om te red.”

Op ’n vraag of hy – as daar die volgende dag ’n verkiesing in Suid-Afrika is – vir die ANC sal stem, het Motlanthe geantwoord dat hy ’n ANC-lid is, maar dat jou stem geheim is.

“Ek sal probeer om te verseker dat hy (die ANC) wen, maar ek is doodseker dat, weens die spoed waarteen hy na onder gly, kom dit vir my voor dat hy die verkiesing sal verloor.

“Dit is nie buitengewoon nie, want politieke partye word vir ’n spesifieke doelwit gestig – miskien het die ANC dié doelwit bereik,” het Motlanthe gesê.

Meer oor:  Kgalema Motlanthe  |  Anc  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.