Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Dlamini 20 minute laat vir toelae-vergadering

Bathabile Dlamini, die minister aan die spits van die dreigende krisis oor maatskaplike toelae, “wil nie hê Suid-Afrikaners moet dink sy is arrogant nie”.

Dlamini, wat reeds verlede week deur die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) ontbied is om Dinsdag antwoorde te gee oor hoe die toelaes ná 31 Maart betaal gaan word, was bykans 20 minute laat vir dié vergadering.

Themba Godi, LP van die African People’s Convention (APC) en Skoor-voorsitter wat verlede week uitgesproke en ongeduldig was oor die voortgesette verwarring oor die agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa), was Dinsdagoggend diplomatieser in die teenwoordigheid van die minister.

Godi het Dlamini Dinsdag hartlik verwelkom met die woorde: “Wees gegroet, kameraad minister.” Dlamini het op haar beurt 20 minute nadat die vergadering begin het, steeds nie verskoning gemaak omdat sy laat was nie.

Dlamini sê sy het verlede week se vergadering misgeloop omdat sy ander verantwoordelikhede gehad het.

Sy het LP’s in Skoor ook daaraan herinner dat dit gewoonlik die verantwoordbare administratiewe hoof van departemente is wat voor Skoor verskyn en dat sy primêr aan die portefeuljekomitee oor maatskaplike ontwikkeling verantwoordbaar is.

Bathabile Dlamini Foto: Lisa Hnatowicz

Dlamini het ook verwys na mense wat “tel hoeveel keer sy afwesig is” by komiteevergaderings, maar sy gee toe die kwessie oor maatskaplike toelaes is wel belangrik.

Een van die kwessies waaroor Skoor uitsluitsel wil kry, is die nagenoeg R316 miljoen se onreëlmatige besteding op die kontrak met Cash Paymaster Services (CPS) vir die betaling van staatstoelaes aan behoeftiges en met wie daar intussen ’n nuwe kontrak gesluit is. Die bepalings en voorwaardes van dié nuwe kontrak is steeds onduidelik.

Die vergadering, wat ook deur lede van die publiek – waaronder bejaardes en ma’s met babas op hul rûe – bygewoon word, duur voort.

Meer oor:  Themba Godi  |  Parlement  |  Laat  |  Dlamini  |  Vir
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.