Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Dlamini het parlement nié oor Sassa mislei, sê OB
Adv. Busisiwe Mkhwebane by die hoofkantoor van die OB in Pretoria met die bekendmaking van haar verslae. Foto: Deaan Vivier

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), het oudminister Bathabile Dlamini kwytgeskeld op ’n klag dat sy die parlement oor die uitbetaling van maatskaplike toelae mislei het.

Mkhwebane het dié bevinding gemaak in een van verskeie verslae wat sy Woensdag op ’n mediakonferensie in Pretoria uitgereik het.

Mkhwebane se ondersoek het plaasgevind nadat die DA-LP Bridget Masango ’n klag by die OB ingedien het.

Dit was nadat Dlamini, voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling, in haar begrotingsrede van 2016 gesê het die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) sal die daaropvolgende jaar die uitbetalings van toelae self hanteer.

In daardie stadium het Cash Paymaster Services (CPS) ingevolge ’n onwettige kontrak die uitbetalings namens Sassa gedoen.

Die kontrak sou in April 2017 ten einde loop, en Dlamini het gesê Sassa sal die uitbetalings by dié private maatskappy oorneem.

Dit het egter later bekend geword dat Sassa nie die vermoë gehad het om die uitbetalings self te doen nie.

Dit het tot ’n krisis gelei met onsekerheid oor hoe miljoene Suid-Afrikaners se toelae aan hulle uitbetaal sou word. Gevolglik is CPS se onwettige kontrak deur die hof noodgedwonge verder verleng.

Op ’n vraag het Mkhwebane ontken dat haar bevinding teenstrydig is met ’n uitspraak van die konstitusionele hof.

Mkhwebane het bevind Dlamini het nie geweet Sassa sou nie self die toelae kon uitbetaal nie. Sy het nie die parlement se etiese kode oortree deur die Nasionale Vergadering opsetlik oor die kwessie te mislei nie, sê die OB.

Op ’n vraag het Mkhwebane ontken dat haar bevinding teenstrydig is met ’n uitspraak van die konstitusionele hof.

Volgens haar het die konstitusionele hof in Maart 2017 oor dié kwessie bevind dat Dlamini slegs in Oktober 2016 daarvan bewus geword het dat Sassa nie die uitbetalings sou kon doen nie. Dit was ná haar begrotingsrede.

Terselfdertyd sê Mkhwebane sy neem wel kennis van ’n uitspraak van die konstitusionele hof in September 2018 dat die nasionale direkteur van openbare vervolgings moontlik ondersoek moet instel of Dlamini onder eed gejok het.

Mkhwebane hou vol die twee uitsprake moet afsonderlik gesien word.

“Op grond van die bewyse en inligting wat in die ondersoek gekry is, kon ek nie ’n bevinding maak oor die bewering dat Dlamini die parlement mislei het in haar begrotingsrede van 2016 nie,” sê Mkhwebane.

“Die bevindinge wat ek gemaak het, is op bewyse gegrond en ek suig dit nie uit my duim nie.”

Dlamini is die president van die ANC-vroueliga en ’n ondersteuner van oudpres. Jacob Zuma.

Meer oor:  Busisiwe Mkhwebane  |  Bathabile Dlamini  |  Parlement  |  Sassa  |  Ob
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.