Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Dlamini-Zuma kan nie redes vir regulasies gee

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, kan nie die redes gee waarom die Covid-19-pandemie tot ’n nasionale ramp verklaar is nie.

Die “wetenskaplike gronde” waarom die verkoop van tabakprodukte verbied word, is ook nie beskikbaar nie, asook nie die redes waarom die verkoop van drank tydens die vlak 3-inperking toegelaat word nie.

Covid-19-pandemie
Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. Foto: Gallo Images

Dit is volgens Dlamini-Zuma se onlangse skriftelike antwoorde op vrae wat deur opposisie-LP’s gestel is en wat die afgelope week gepubliseer is.

Gizella Opperman, DA-LP, het die minister gevra: “Wat is die redes vir die besluit om Covid-19 tot ’n nasionale ramp te verklaar in plaas van ’n provinsiale of plaaslike ramp, en watter data is gebruik om die ramp ingevolge die Wet op Rampbestuur, wet 57 van 2002, te klassifiseer?

Dlamini-Zuma se volledige antwoord lui: “Die redes vir die besluit om Covid-19 tot ’n nasionale ramp te verklaar sal aan die agbare lid voorgelê word sodra die gedetailleerde inligting beskikbaar is. Dankie.”

Zakhele Mbhele, nog ’n DA-LP, wou weet wat die wetenskaplike gronde is wat die verbod op die verkoop van tabakprodukte regverdig.

Hy het presies dieselfde reaksie as Opperman van die minister ontvang.

Die redes vir die besluit om Covid-19 tot ’n nasionale ramp te verklaar sal aan die agbare lid voorgelê word sodra die gedetailleerde inligting beskikbaar is. Dankie.

Parlementêre vrae word as ’n noodsaaklike meganisme beskou om ministers verantwoordbaar te hou. Die DA het in die verlede ook gekla dat Dlamini-Zuma nie op vrae reageer nie, en die onbeskikbaarheid van die inligting wat aangevra word as ’n verskoning gebruik.

Dlamini-Zuma, wat ’n sleutelrol in die reaksie van die regering op die Covid-19-pandemie speel, het telkens hierdie verskoning gebruik op vrae wat sedert Donderdag aan haar gestel is. In sommige gevalle het sy die persoon wat die vraag gevra het, na ’n ander departement verwys.

In een geval kon Mlindi Nhlanhla, DA-LP in die Nasionale Raad van Provinsies, darem meer as die standaard-reaksie by die minister kry. Nhlanhla het gevra of ministers toegelaat word om enige inperkingsregulasies te verander as dit hul departement raak.

In haar antwoord hierop skryf Dlamini-Zuma: “Die Wet op Rampbestuur bemagtig die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, ná raadpleging van die kabinet, om regulasies uit te vaardig of aanwysings uit te reik of magtiging vir die uitreiking van aanwysings te gee. Die posisie of toepaslike besonderhede sal aan die agbare lid voorgelê word sodra dit beskikbaar is.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.