Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Dlamini-Zuma konsolideer ministers se magte
Dr. Nkosazana-Dlamini-ZumaFoto: Argief

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), het in ’n konsoliderende kennisgewing in die Staatskoerant bevestig dat die regte wat vroeër in die Staatskoerant aan haar kabinetskollegas toegeken is en hulle in staat stel om ook direktiewe uit te vaardig rakende die nasionale staat van inperking, in plek is.

Van die direktiewe wat van haar kollegas sedert die begin van die inperkings uitgereik het, word vervat in Dlamini-Zuma se konsolidering van die regulasies.

Onder andere dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, Bheki Cele, minister van polisie, Fikile Mbalula, minister van vervoer, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, en dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het sedert die staat van inperking ingetree het, sekere direktiewe uitgereik.

Die Wet op Rampbestuur van 2002 maak voorsiening daarvoor dat die Cogta-minister, wat deur die president aangestel is om uitvoering te gee aan die staat van nasionale inperking, ander ministers toestemming mag gee om ook direktiewe uit te reik.

Dié direktiewe moet kragtens regulasie 11A van die Gekonsolideerde Regulasies in oorleg met die Cogta-minister en die minister van justisie en korrektiewe dienste geskied.

Dit sluit onder meer in die bepalings van Mbalula en die departement van vervoer oor die hoeveelheid mense wat in busse en minibustaxi’s vervoer mag word, en op watter tye die bus- en taxi-operateurs mag sake doen, sowel as dié wat deur Patel uitgereik is oor watter winkels mag sake doen, wat hulle mag verkoop en hoe laat hulle kan oopmaak en weer moet sluit.

Die regulasies verduidelik net duideliker wat die minister se magte tydens die staat van inperking is.

Emeritusprof. Pieter Labuschagne, ’n regs- en politieke kenner van Unisa, sê na sy mening moes die konsolidering van die regulasies al vroeër gebeur het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.