Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Downer nie geskik om my aanklaer te wees’ – Zuma

Oudpres. Jacob Zuma sê die verlede van die aanklaer in die sogenaamde wapensaak teen hom wys dat hy nie geskik is om hom te vervolg nie.

Zuma voer in pleitstukke in die hooggeregshof in Pietermaritzburg aan dat adv. Billy Downer SC se optrede in die verlede wys dat hy “nie voldoen aan die vereistes van onafhanklikheid en neutraliteit wat nodig is vir ’n aanklaer in regmatige vervolging nie”.

Zuma staan saam met die Franse wapenvervaardiger Thales tereg op 16 aanklagte van onder meer bedrog, korrupsie en geldwassery. Dit hou met die omstrede multimiljoenrand-wapentransaksie van 1999 verband.

Zuma en Thales sal met hul volgende verskyning Woensdag na verwagting albei skuld ontken.

Zuma versoek die hof om te beslis dat Downer nie as die aanklaer in die saak mag voortgaan nie.

Adv. Billy Downer SC Foto: Argief

As die hof daartoe sou instem, is hy geregtig daarop dat die saak teen hom in die geheel laat vaar word, sê Zuma in sy omvangryke pleitstukke van 141 bladsye wat by die hof ingedien is.

Hy voer aan Downer moet eerder ’n getuie as die aanklaer in die saak wees. Volgens hom het Downer ’n paar jaar gelede in ’n beëdigde verklaring die DA se aansoek gesteun dat ’n besluit van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) – dat die saak teen hom (Zuma) weens politieke inmenging gestaak word – op hersiening geneem moet word.

Zuma beskuldig Downer voorts daarvan dat hy lid is van ’n groep mense in die NVG wat meen dat politieke inmenging geduld en selfs toegelaat moet word.

Hy sê so in ’n memorandum aan mnr. (Vusi) Pikoli (’n voormalige hoof van die NVG) ná Shaik se skuldigbevinding oor waarom ek aangekla moet word.

Die oudpresident, ’n eertydse intelligensiehoof van die ANC, sê hy beskik oor transkripsies van telefoniese gesprekke wat Downer met ondersoekende joernaliste gehad het wat “baie skadelike berigte” oor hom geskryf het.

Zuma voer ook aan dat Downer se destydse strategie om Schabir Shaik, met wie Zuma noue bande gehad het, aan te kla, was om hierdie verhoor te gebruik as ’n oefenlopie om hóm aan te kla. Hy meen Downer se oogmerk was om sy kanse te verbeter om hom (Zuma) skuldig bevind te kry.

“Hy sê so in ’n memorandum aan mnr. (Vusi) Pikoli (’n voormalige hoof van die NVG) ná Shaik se skuldigbevinding oor waarom ek aangekla moet word.”

Shaik is in 2005 skuldig bevind aan korrupsie en bedrog, maar hy is op 3 Maart 2009 op omstrede wyse op mediese parool vrygelaat nadat hy twee jaar en vier maande van sy 15 jaar tronkstraf uitgedien het.

Sipho Ngwema, woordvoerder van die NVG, sê die NVG bestudeer nog die dokumente en sal in die hof volledig daarop reageer.

“Op sigwaarde lyk dit baie soos ’n terugstroming van ou, valse kwessies wat voorheen al deur die howe verwerp is.”

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Onafhanklikheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.