Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Dra swart teen rassisme, vra ANC

Die ANC het Suid-Afrikaners aangemoedig om vir die volgende drie weke elke Vrydag swart klere te dra om só ’n bewusmaking van alle vorme van rassediskriminasie te skep.

Pres. Cyril Ramaphosa, wat as president van die ANC die veldtog teen rassisme in Suid-Afrika van stapel gaan stuur. Foto: Felix Dlangamandla

Jessie Duarte, adjunksekretaris-generaal van die party, het Donderdag gesê pres. Cyril Ramaphosa sal Vrydag die regerende party se veldtog teen rassisme van stapel stuur en Suid-Afrikaners word aangemoedig om “vennote” van die veldtog te word deur swart te dra.

Die Alliance skop Vrydag om 19:00 af wanneer Ramaphosa as president van die ANC asook ander leiers van Alliance die veldtog in solidariteit met die mense van Amerika sal open.

“Dit sal die begin wees van ons Swart Vrydae waar ons almal swart klere op dié dag van die week sal dra,” het Duarte gesê.

Sy het ook gesê die veldtog van die party en sy alliansievennote, Cosatu en die SAKP, kom ná die dood van George Floyd verlede maand in Amerika aan die hand van die polisie.

Die veldtog van die ANC en sy alliansievennote, Cosatu en die SAKP, kom ná die dood van George Floyd verlede maand in Amerika aan die hand van die polisie.

Dit het gelei tot grootskaalse betogings in Amerika teen rassisme en die polisie wat swart Amerikaners doodmaak.

Duarte het ook haar steun gegee aan dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, wat onlangs deurgeloop het onder ’n sosialemediagebruiker wat haar as ’n aap uitgebeeld het.

“As ’n gemeenskap kan ons nie sulke dinge duld nie en alles moontlike moet gedoen word om die mense wat dit gedoen het, vas te trek.”

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het die geleentheid gebruik om oor die staat van inperking in Suid-Afrika te praat.

Hy sê dit is “nie waar” dat die meeste Suid-Afrikaners teen die inperkings gekant is nie. Sy reaksie kom nadat die DA verlede maand aangedui het dat hy in sy eie navorsing gevind het dat tot 89% van Suid-Afrikaners wil hê dat die inperkings opgehef word.

“Dit is nie waar dat miljoene Suid-Afrikaners hulle nie aan die inperking steur nie. Daar is miljoene wat steeds by die huis bly, wat steeds ingeperk is. Daar is miljoene mense wat weet dié siekte maak dood en ons wil dit benadruk dat ons as Suid-Afrikaners die pad saam moet loop.”

Solly Mapaila, adjunksekretaris-generaal van die SAKP, het verwys na die Covid-19-toelaag van R350 per maand wat in die volgende ses maande betaal gaan word aan mense wat tans nie werk nie en ook nie ander toelaes ontvang nie.

Hy het gesê die alliansie het aan die regering voorgestel dat ’n soortgelyke toelae vir werkloses oorweeg moet word.

Meer oor:  Jessie Duarte  |  Anc  |  Rassisme  |  Rassediskriminasie  |  Swart Vrydag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.