Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Drie van DA het visier op Kaapse burgemeesterskap

Dan Plato gaan minstens twee mededingers uit DA-geledere hê om as die party se kandidaat vir die burgemeester van Kaapstad aangewys te word.

Plato het Sondag by navraag bevestig dat hy homself verkiesbaar stel om as die DA se kandidaat te staan in die komende munisipale verkiesing.

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad. Foto: Jonathan Lestrade/SON

Geordin Hill-Lewis, DA-LP, het ook bevestig dat hy sy naam in die hoed gaan gooi en dat benoemings nog nie amptelik toegelaat word nie.

Geordin Hill-Lewis Foto: Lerato Maduna

Hy het navrae oor die proses en tydsberekening na die party se federale raad verwys.

Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse DA-leier en LUR vir vervoer en openbare werke, het ook bevestig dat hy sy oog op die burgemeesterskap het, terwyl Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid, glo besluit het om nie meer deel te neem nie.

Bonginkosi Madikizela Foto: Malherbe Nienaber

Die DA het in die 2016-verkiesing die Kaapstad-metroraad met 66,6% gewen – ná groei van 60,9% in 2011 se verkiesing.

Plato het in 2018 by Patricia de Lille as burgemeester oorgeneem nadat sy bedank het en die DA verlaat het om Good te stig. Voor dit was hy LUR van gemeenskapsveiligheid en vroeër ook burgemeester van Kaapstad.

In Oktober 2020 is Plato verkies tot DA metro-streekvoorsitter en het hy by Grant Twigg, ook ’n burgemeesterskomiteelid, as voorsitter oorgeneem.

JP Smith, Zahid Badroodien en Phindile Maxiti is tot adjunkvoorsitters verkies.

In die aanloop tot die streekverkiesing verlede jaar het Plato gesê die DA het in die 2019-verkiesing ’n “tree agteruit gegee” en sal in vanjaar se verkiesing moet veld wen.

Hy het benadruk dat vertroue gebou en respek gevestig moet word in ’n stabiele metroraad wat inklusief is.

Madikizela is ook in November verlede jaar tot provinsiale DA-leier herverkies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.