Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Duarte ‘kan nie oor vrae dikteer’ – Sanef

Jessie Duarte, die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, het geen reg om aan joernaliste te dikteer watter vrae hulle haar mag vra nie, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) Woensdag gesê toe hy sy kommer oor Duarte se mondelingse aanval op Samkele Maseko, politieke verslaggewer van eNCA, uitgespreek het.

Jessie DuarteFoto: Adrian de Kock

In ’n video op die eNCA-webtuiste wat Dinsdag wyd op sosiale media versprei is, beskuldig Duarte Maseko daarvan dat hy vrae vra wat die ANC aanval en looi en dat hy “almal intimideer”.

Sy dreig dan ook om hom by die persombudsman te verkla en beskuldig hom ook daarvan dat hy ’n boelie en arrogant is.

Mahlatse Mahlase, Sanef-voorsitter, het Woensdag in ’n verklaring gesê Duarte het wel die reg om ’n klag teen ’n media-instelling of verslaggewer by die persombudsman of die Uitsaaiklagtekommissie in te dien, maar dat sy geen reg het om te dikteer watter vrae sy gevra kan word of nie.

“Sy het egter die reg om nie enige vraag te beantwoord nie.”

Mahlase sê Sanef is ook bekommerd oor Duarte se uitlatings dat Maseko geen reg het om persvryheid te verdedig nie omdat hy nie “daarvoor baklei het nie”.

“Vryheid van spraak is die hoeksteen van Suid-Afrika se demokrasie en ons almal het ’n verantwoordelikheid om die Grondwet te verdedig, en dit sluit diegene in wat nie deel van die bevrydingstryd was nie,” sê Sanef.

Volgens Mahlase het Sanef ingestem om binnekort met die ANC oor dié en ander kwessies te vergader.

Sanef het dit verwelkom dat die ANC ook met eNCA oor die voorval wil vergader.

Meer oor:  Enca  |  Sanef  |  Jessie Duarte  |  Politiek  |  Onderhoud  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.