Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Duisende vertroulike dokumente lê in veld

Duisende vertroulike dokumente met inligting van aansoekers vir maatskaplike toelaes is op ’n oop veld in Thaba Nchu naby Bloemfontein gevind.

Patricia Kopane. Foto: Mlungisi Louw

Van die dokumente sluit beëdigde verklarings deur vroue in wat tydelike huisvesting soek weens mishandeling deur hul eggenoot en gevalle van kindermishandeling wat deur ’n hof ondersoek moet word, sê Patricia Kopane, die DA se kandidaat as premier van die Vrystaat.

Sy en Geordin Hill-Lewis, ’n DA-LP, het ’n mislukte afvalherwinningsaanleg besoek toe hulle op die dokumente afgekom het. Die mees onlangse aansoek is gedateer Oktober 2018.

Kopane sê Butana Komphela, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in die Vrystaat, moet die saak dringend ondersoek en diegene wat daarvoor verantwoordelik is, aanspreeklik hou. Dit is onaanvaarbaar dat die departement van maatskaplike ontwikkeling so roekeloos met vertroulike inligting is.

Die besonderhede van kinders is veronderstel om veilig bewaar te word en nie in ’n oop stuk veld gestort word nie. Dit kan kinders aan gewetenlose mense blootstel en hulle kan slagoffers van identiteitsbedrog word.

“Dit is ’n ernstige oortreding van die Kinderwet.”

Sy sê dit is belangrik dat die dokumente en afskrifte van identiteitsdokumente wat nie gesertifiseer is nie, in ’n veilige plek bewaar word om te verhinder dat die inligting misbruik word.

Meer oor:  Patricia Kopane  |  Bloemfontein  |  Thaba Nchu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.