Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
E-tol gáán waai in Gauteng, sê Makhura

Planne is op dreef om e-tol in Gauteng geskrap te kry, het David Makhura, premier van Gauteng, Maandag gesê.

David Makhura het in sy provinsiale staatsrede by die Universiteit van Johannesburg se kampus in Soweto gesê dat die beëindiging van e-tol nie meer gekeer kan word nie.

“Een van die kwessies op my radar is die finale oplossing vir e-tol. Ons posisie het nie verander nie. Ons is vasbeslote dat e-tol nie deel uitmaak van die provinsie se toekoms nie.

“Ons is gretig om die besonderhede van die nasionale regering te kry oor hoe om die skuld te delg. Ons as die provinsiale regering sal self iets bydra om te verseker dat e-tol geskrap word. Ons kan nie terugdraai nie.”

Hou Netwerk24 dop vir meer oor die provinsiale rede.

Meer oor:  David Makhura  |  Gauteng  |  E-Tol  |  Provinsiale Rede  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.