Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
E-tol: Mboweni, Makhura raak nou giftig op Twitter

Die bekgeveg op Twitter tussen Tito Mboweni, minister van finansies, en David Makhura, Gautengse premier, oor die e-tolstelsel raak heftig.

Mboweni het Vrydag weer op Twitter uitgevaar oor Makhura se planne om die e-tolstelsel in Gauteng te skrap.

Finance Minister Tito Mboweni delivers his maiden
Tito Mboweni

Mboweni het ná sy eerste inskrywings voortborduur. Hy het weer op Twitter gesê hy is seker die premier van Gauteng besef hy moet versigtig wees om nie ’n geveg met die minister van finansies uit te lok nie.

“Die minister heers oor alle geldbesteding. Ek sal versigtig wees as ek hy is.”

Volgens Mboweni moet die gebruiker betaal.

Hy het meer as 2 000 kommentare op sy plasing gekry.

Later het hy gesê hy het geleer dat mense moet leer om in hul bane te bly.

In nog ’n plasing sê Mboweni hy weet nie hoekom die hoëklas in Gauteng almal se lewens kompliseer nie.

“Die werkende klas betaal nie e-tol nie!! Openbare vervoer . . . hello.”?

David Makhura. Foto: Felix Dlangamandla

Tasneem Motara, woordvoerder van die ANC in Gauteng en LUR vir infrastruktuur, ontwikkeling en eiendomsbestuur, het in haar twiet gesê sy het ’n oproep van die minister gekry.

“Ons het oor en weer oor die e-tolstelsel gepraat. Hy staan hardkoppig by sy standpunt, en ons as die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) bly by ons standpunt. Hy het ingestem om vir ’n uitnodiging na ’n PUK-vergadering te wag waar ons mekaar kan inlig.”

Vroeër het Mboweni op Twitter geskryf: “Wanneer jy in tolpad-infrastruktuur belê, verwag jy ’n opbrengs vir baie jare wat voorlê, nie die koste van jou belegging vandag nie. Dit is wat jy in sake doen. Premier Makhura, is dit reg?”

Dit volg nadat Makhura vroeër vandeesweek tydens sy provinsiale rede gesê het planne is op dreef om die e-tolstelsel in Gauteng te skrap.

Mboweni het op Twitter gevra of hy dalk iets mis. “As ek vandag avokado’s plant, doen ek dit met die wete dat ek in sowat tien jaar sal oes. Ek het sekerheid nodig

dat die beleidsomgewing ondersteunend sal wees vir my

langtermynbelegging as ’n avokadoboer.”

Hy skryf dat onsekerheid rondom beleid beleggings kortwiek. “Daarom moet die gebruiker betaal, premier Makhura!”

Meer oor:  Tito Mboweni  |  David Makhura  |  E-Tol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.