Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
E-tol-tonnel steeds sonder ’n teken van lig

Daar is nog geen einde in sig vir die land se e-tol-dilemma nie.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Donderdag belangegroepe wat by die oplossing van die kwessie betrokke is se sperdatum vir deelname vir ’n onbepaalde tydperk verleng.

“Die minister het met die verskeie belangegroepe vergader en planne voorgelê. Die belangegroepe het gevra vir meer tyd om met hul ondersteuners en lede te vergader rakende die planne,” het Ayanda-Allie Paine, die minister se woordvoerder, gesê.

Fikile Mbalula Foto: Argief

“Ons kon maklik gesê het ons besluit op ’n spesifieke datum, ongeag of dit genoeg tyd vir die belangegroepe gee, maar omdat dit so ’n sensitiewe saak is, het die minister daarteen besluit. Dit is nou hulle skuif,” het Paine gesê.

Een van dié groepe is die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa), wat sedert die begin van die e-tolstelsel daarteen gekant was.

“Dit is nou ses jaar sedert die stelsel gebruik word en agt of nege jaar sedert Suid-Afrikaners daarvan gehoor het. En dit het totaal misluk,” sê Wayne Duvenage, Outa se uitvoerende hoof.

“Ek verstaan nie hoekom die kwessie nog nie opgelos is nie. Hoe langer dit duur om dit op te los, hoe meer geld vermors hulle. Maar wat is ’n paar bykomende weke nou in ’n amper sewe jaar lange stryd?”

Duvenhage sê die organisasie het lankal sy plan vir die minister gegee. “Hulle moet die huidige beleid wat hulle gebruik om paaie te finansier ook op Gautengse paaie toepas. Dis so eenvoudig soos dit.”

Volgens hom werk die e-tolstelsel nie omdat die plan nie afdwingbaar op landsburgers was nie.

Die minister is vroeër vanjaar deur pres. Cyril Ramaphosa gevra om ’n onderlinge oplossing vir die e-tolstelsel te vind. Ramaphosa het Mbalula in beheer van ’n span, wat bestaan uit Tito Mboweni, minister van finansies, en David Makhura, Gautengse premier, geplaas.

“Minister Mbalula verseker lede van die publiek dat die e-tolkwessie ’n topprioriteit is en dat daar dringend daarna gekyk word,” het Paine gesê.

Meer oor:  Fikile Mbalula  |  E-Tol  |  Outa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.