Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
EFF, ANC bring hulde aan Winnie

Die EFF en ANC het Woensdag hulde gebring aan die struggle-ikoon Winnie Madikizela-Mandela op wat haar 82ste verjaardag sou wees.

Winnie Madikizela-Mandela

“Ons onthou haar as ’n onbetwiste staatmaker van die struggle wat tydens betogings saam met gewone mense gestaan het gedurende die moeilikste tye in die stryd teen apartheid,” het Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, Woensdag luidens ’n verklaring gesê.

“Geen ander persoon moes soveel vervolging, laster en bespotting van sowel die stelsel as mede-comrades verduur as Mama Nomzamo Winnie Madikizela-Mandela nie. Ondanks dié feit het sy steeds met liefde en onselfsugtigheid opgetree deur die eenheid van die beweging bo enige ambisies vir mag te stel,” het Ndlozi bygevoeg.

Hy het verder gesê dat die Kaapstad-lughawe na Madikizela-Mandela genoem moet word. ’n Formele staatsbegrafnis is in April by die Orlando-stadion in Soweto vir Madikizela-Mandela gehou.

Die ANC in Gauteng het in ’n verklaring gesê dat daar Woensdag verjaardagvieringe vir Madikizela-Mandela by die gemeenskapsaal in Orlando-Oos gehou word om haar lewe te herdenk.

“Sy het haar lewe opgeoffer om die mense van hierdie land te dien deur gemeenskapsontwikkeling te versterk en te veg vir dié wat nie ’n stem het nie,” het Tasneem Motara, die ANC se woordvoerder in Gauteng, gesê.

Daar sal ook Donderdag ’n interkerklike gebedsdiens vir vroue by die Metodiste Kerk van Suid-Afrika in Soweto gehou word ter nagedagtenis aan Madikizela-Mandela.

Meer oor:  Anc  |  Eff  |  Winnie Madikizela-Mandela  |  Huldeblyk  |  Verjaarsdag  |  Gedenkdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.