Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
EFF, ANC kap Mogoeng oor ‘steun aan apartheid-Israel’
Hoofregter Mogoeng Mogoeng Foto: Daily Sun

Hoofregter Mogoeng Mogoeng moet sy uitlatings ten gunste van “apartheid-Israel” onmiddellik terugtrek, het die EFF Vrydag geëis.

Dié party van Julius Malema het hom by onder meer die ANC geskaar wat Mogoeng skerp kritiseer oor uitlatings wat hy Dinsdag in ’n aanlyn onderhoud met die Israelse koerant The Jerusalem Post gemaak het. Hy en Mogoeng Mogoeng, Suid-Afrika se hoofrabbi, het aan die onderhoud oor onder meer internasionale rassespanning deelgeneem.

’n Herrie het losgebars nadat Mogoeng verskeie Bybelverse aangehaal en gesê het dat hy as Christen nie haatdraend mag wees nie en vir almal lief moet wees, vir Israel en Palestina.

“Eerstens omdat dit ’n gebod van God is, maar ook omdat jy wat vrede nastreef ’n kritieke rolspeler wil wees waar daar ’n dispuut is.”

Hy het ook gesê dat Suid-Afrikaners “oudpres. Nelson Mandela se vergewensgesindheid en groot hart moet gebruik om wêreldwyd vrede te bewerkstellig en te bemiddel”.

Hy het bygevoeg dat Suid-Afrika se beleidsrigting teenoor Israel bindend op hom as landsburger is.

Ek is daarom as Christen verplig om lief te wees vir Israel en vir hom te bid omdat ek weet ons haat vir Israel kan ongekende vloeke oor ons bring.

“Maar enige landsburger is ingevolge die Grondwet geregtig daarop om die wette en beleid van Suid-Afrika te kritiseer en selfs voor te stel dat veranderings daaraan nodig is.

“Ek is daarom as Christen verplig om lief te wees vir Israel en vir hom te bid omdat ek weet ons haat vir Israel kan ongekende vloeke oor ons bring.”

Hy is skerp hieroor gekritiseer deur onder meer die EFF. Vuyani Pambo, EFF-woordvoerder, het Vrydag gesê dit is ’n hartseerdag in Suid-Afrika as Israel “se rassistiese besetting van Palestina legitimiteit by ’n hoofregter van ons land kry”.

Pule Mabe, ANC-woordvoerder, het gesê hoewel die onderhoud met Mogoeng as Christen in sy persoonlike hoedanigheid gevoer is, het hy “politieke kommentaar” gelewer.

Die hoofregter is inderdaad ’n landsburger, maar hy is ook die primêre beskermheer van die Grondwet van Suid-Afrika. As die regering die Handves van Menseregte skend, moet hy en die regbank die Grondwet met alle mag verdedig.

“Die hoofregter is inderdaad ’n landsburger, maar hy is ook die primêre beskermheer van die Grondwet van Suid-Afrika. As die regering die Handves van Menseregte skend, moet hy en die regbank die Grondwet met alle mag verdedig. Sy verskil met regeringsbeleid is daarom uiters kommerwekkend omdat die hoofargument van die beleid oor Palestina op menseregte gegrond is.”

Die amptelike ANC-beleid is om Palestina te steun “omdat hy die slagoffer en onderdrukte in die konflik met Israel is”.

Die ANC het Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering, gevra om met hom op ’n hoë vlak oor sy “politieke kommentaar” te praat.

Die solidariteitsorganisasie Boycott, Divestment and Sanctions SA, onder leiding van oudminister Ronnie Kasrils, het selfs ’n beroep op die Regterlike Dienskommissie gedoen om Mogoeng se uitlatings te ondersoek met die doel “om hom te straf weens die moontlike verbreking van die amptelike gedragskode omdat hy in die openbaar in sy hoedanigheid as hoofregter verskyn en kommentaar gelewer het wat strydig met Suid-Afrika se buitelandse beleid en die gees van die Grondwet is”.

Nathi Mncube, woordvoerder van die kantoor van die hoofregter, het Vrydag gesê Mogoeng gaan nie kommentaar hieroor lewer nie.


Meer oor:  Mogoeng Mogoeng  |  Eff  |  Israel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.