Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
EFF belowe ‘vreedsame’ betoging in Kraaifontein

’n Betoging oor onder meer dienslewering, wat lede van die gemeenskap en die EFF vir Vrydag in Kraaifontein beplan, sal “vreedsaam” wees.

So sê Banzi Dambuza, EFF-streeksekretaris, oor die voorgenome betoging wat glo gehou gaan word om ’n memorandum met klagtes aan die plaaslike owerhede te oorhandig.

Die groep sal die memorandum by die plaaslike polisiekantoor, die daghospitaal en die munisipaliteit oorhandig.

Dambuza sê die groep sal omstreeks 07:00 in Botfonteinstraat bymekaarkom en tot by die polisiekantoor stap. Daar sal hulle eis dat die polisie misdaad bekamp soos geslagsgeweld en moorde op vroue, asook aandag aan die kwessie van “beskermingsgeld” gee.

Die inwoners van townships soos Khayelitsha beweer dat groepe misdadigers onskuldige mense, veral sake-eienaars, dwing om “beskermingsgeld” teen misdaad te betaal.

Die optog sal ook ’n effek op die personeel hê, want ons het talle personeellede wat in die omgewing woon en openbare vervoer gebruik.

Die betogers sal dan na die Kraaifontein-daghospitaal stap om teen gebrekkige gesondheidsorg en die diskriminasie teen MIV- en vigspasiënte beswaar te maak.

Laastens sal hulle ’n memorandum by die munisipaliteit oorhandig wat oor swak dienslewering en die onlangse uitsettings in die omgewing handel.

Dambuza sê hulle het aansoek gedoen om ’n permit vir die betoging en dat dit heeltemal vreedsaam sal verloop.

Die Kaapstad-metro het sedert Woensdagmiddag nie op navrae in dié verband gereageer nie. Die polisie het egter gesê hulle gaan die betoging dophou om toe te sien dat reg en orde gehandhaaf word.

Die Meridian Pinehurst School in die Kraaifontein-omgewing het Woensdag ’n brief aan die ouers gestuur waarin hulle aangeraai word om eerder hul kinders, met die uitsondering van gr. 9-, gr. 10- en gr. 12-leerlinge wat Vrydag eksamen skryf, by die huis te hou, veral as hulle openbare vervoer moet gebruik.

Die skool sê in die brief dat die optog na verwagting die openbare vervoer in die gebied sal raak.

“Die optog sal ook ’n effek op die personeel hê, want ons het talle personeellede wat in die omgewing woon en openbare vervoer gebruik,” lui die brief.

’n Plaaslike buurtwag het ’n boodskap aan gemeenskapslede gestuur en gevra dat mense die groep betogers vermy en nie konfronteer of by die optog betrokke raak nie.

Meer oor:  Kraaifontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.