Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
EFF-chaos vertraag Cyril se staatsrede
staatsrede
Die EFF het pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede vir langer as 'n uur vertraag en het uiteindelik uitgestap. Foto: Jaco Marais

Die EFF-LP's het Donderdagaand hul dreigement gestand gedoen en vir die eerste keer pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede in die Nasionale Vergadering ontwrig.

Ramaphosa, wat sy toespraak omstreeks 19:00 sou lewer, het vier keer onsuksesvol probeer om met sy toespraak te begin.

Die EFF het die verrigtinge ontwrig deur telkens op punte van orde op te staan. Die voorsittende beamptes het hul hande vol gehad om orde te handhaaf.

Die EFF-LP’s, geklee in hul kenmerkende rooi oorpakke en mynhoede, het die gesamentlike sitting van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies aanvanklik vertraag deur beswaar te maak teen die teenwoordigheid van oudpres. FW de Klerk as ’n gas in die raadsaal.

Nog voordat Thandi Modise, speaker van die NV, die verrigtinge kon begin, was Julius Malema, EFF-leier, op sy voete en het met verwysing na De Klerk gesê daar is ’n “moordenaar” in die raadsaal.

Hy het gesê dit was verkeerd van die parlement om ’n uitnodiging aan hom te rig na dié geleentheid.

eff
Die staatsrede is erg vertraag weens die EFF se ontwrigtende optrede. Foto: Jaco Marais

“Hy is nie bereid om te aanvaar dat apartheid ’n misdaad teen die mensdom was nie. Dit is waarom dit verkeerd is dat De Klerk in die openbare galery sit. As ons ’n vreedsame sitting wil hê, is my versoek dat ons die bevelvoerder van Vlakplaas, wat bloed aan sy hande het, moet vra om die sitting verlaat,” het hy geëis.

Modise het die versoek van die hand gewys.

Ná talle pogings om die sitting te herstel, insluitend dat gestem word op die versoek, het Modise gereël dat die sitting voortgaan.

Dié beswaar is opgevolg met die EFF wat daarop aangedring het dat Ramaphosa vir Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, afdank.

Ramaphosa het weer met sy toespraak probeer begin, maar het skaars begin toe Vuyani Pambo, die EFF se nuwe woordvoerder, op sy voete was op ’n punt van orde.

“Ons kan nie in die raadsaal sit terwyl miljoene Suid-Afrikaners in donkerte is weens een man nie. Daar is minister wat seker maak dat die SAL nie werk nie. Ons vra dat die president uitgaan en aankondig dat Pravin Gordhan nie meer ’n minister is nie.”

Hy is ondersteun deur ander EFF-LP’s wat daarop aangedring het dat Gordhan moet gaan.

“Dank Pravin af,” het dit uit EFF-banke opgeklink.

Gordhan het heeltyd strak voor hom uitgestaar.

Modise, speaker van die NV, het ná langer as ’n uur die verrigtinge opgeskort.

Nadat die sitting opgeskort is, het die EFF-LP’s met handbewegings gedreunsing “Pravin moet gaan!”

fw
Die EFF het geëis dat oudpres, FW de Klerk die verrigtinge verlaat omdat "hy bloed aan sy hande het". Foto: Jaco Marais

Daarna het hulle ook gedreunsing: “De Klerk moet gaan!” Die EFF het sy sin gekry deurdat die staatsrede opgeskort is.

Hulle het uiteindelik self by die raadsaal uitgestap.

Van die EFF-lede het toe leë waterbottels na ander parlementslede gegooi, berig Sarel van der Walt.

Lede van die ANC en die opposisiepartye het hande geklap toe die EFF uit die saal is en die deure agter hulle toegemaak is.

John Steenhuisen, tussentydse DA-leier, het gesê dit is minagtende optrede vir enige LP om die verrigtinge te ontwrig. 

Hy sê die parlement is verhoed “om vir die laaste uur en ’n half sy werk te doen”.

Die gedrag van sommige EFF-lede wat waterbottels na vroulike LP's gegooi het, is ’n oortreding en gepaste stappe moet gedoen moet. 

Pemmy Majodina, ANC-hoofsweep, het gesê “ons is vir meer as ’n uur lank misbruik. 

“Dit moet na die relevante liggaam verwys word. Dit is te erg. Ons kan nie toelaat dat ons vir meer as ’n uur vertraag word nie. Hulle moet aanspreeklik gehou word vir wat hulle gedoen het”

Meer oor:  Ontwrigting  |  Eff  |  Staatsrede2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.