Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
EFF-dreigemente teen Gordhan na subkomitee verwys

Die verslag oor ’n groep EFF-LP’s se ontwrigting van Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings se begrotingsrede verlede week, is deur die parlement na ’n spesiale subkomitee verwys.

Die subkomitee oor die fisiese verwydering van LP’s uit die Nasionale Vergadering (NV) moet nou binne 10 dae vorendag kom met hul bevindinge en aanbevelings doen.

Pravin GordhanFoto: WITNESSMEDIA

Die voorval die afgelope Donderdag waarin ’n groep EFF-LP’s die begin van Gordhan se begrotingsrede in chaos gedompel het toe hulle gedreig het om hom fisiek aan te rand, is sedertdien wyd deur politieke partye en burgerlike organisasies veroordeel.

Die EFF-LP’s se optrede was glo uit protes nadat die openbare beskermer se onlangse verslag bevind het dat Gordhan destyds in sy hoedanigheid as kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens toestemming gegee het vir ’n onwettige ondersoekeenheid.

Ander LP’s en parlementêre veiligheidsbeamptes moes tydens die voorval tussenbeide tree en die groep EFF-LP’s uit die parlement verwyder.

Thandi Modise, NV-speaker, het Dinsdag in ’n verklaring gesê die aangeleentheid is na die subkomitee verwys nadat sy ’n opsomming oor die gebeure van 11 Julie van Matlala Boroto, die voorsittende beampte tydens die debat, ontvang het.

Volgens Modise sal die subkomitee nie ’n tugverhoor hou nie, maar sal nadat dit die kwessie oorweeg het binne tien dae met hul bevindings en aanbevelings aan die parlement se reëlskomitee verslag doen.

“Die reëlskomitee sal die gepaste koers van optrede aan die hand van die subkomitee se verslag, bepaal,” het Modise gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.