Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
EFF en ANC steun planne oor #FMF-aktiviste
Foto ter illustrasie.

Minstens twee politieke partye – die ANC en die EFF – het Michael Masutha, minister van justisie, se ingryping ten opsigte van die #FeesMustFall-studente verwelkom.

Masutha het Maandag op ’n nuuskonferensie aangekondig hy gaan betogende studente van die #FeesMustFall-beweging bystaan deur die nasionale vervolgingsgesag (NVG) te nader om alternatiewe opsies in plaas van strafregtelike vervolging vir hulle te oorweeg.

Sy besluit kom nadat hy Vrydag by die Uniegebou op versoek van pres. Cyril Ramaphosa met studente-aktiviste vergader het wat op algemene kwytskelding vir dié studente aangedring het. Dit het gevolg op ’n soortgelyke ontmoeting verlede Woensdag met studente by Tuynhuys in Kaapstad.

Masutha sê in ’n verklaring hy wil ’n lys hê met die name van die studente wat steeds in aanhouding is, aangekla is of wag vir ’n besluit oor vervolging, asook diegene wat reeds gevonnis is en tronkstraf uitdien.

“Die minister sal waar gepas studente help om aansoeke by die NVG in te dien vir die hersiening van vervolgingsbesluite in die sake waar studente reeds aangekla is en wie se sake tans verhoor word.

“Die ministerie van justisie sal ook die studente help met die proses om aansoeke saam te stel vir presidensiële kwytskelding vir studente wat sulke aansoeke wil indien.”

Hy het daarop gewys dat presidensiële kwytskelding toegestaan word ten opsigte van mense wat reeds skuldig bevind en gevonnis is op grond van inligting wat hulle verskaf het en onder omstandighede waar die applikant geldige redes getoon het.

Foto: Argief

Presidensiële kwytskelding kan onder geen omstandighede vooraf bepaal word nie.

Masutha het in albei vergaderings verlede week die studente daarop gewys dat kragtens die skeiding van magte en die oppergesag van die reg die uitvoerende gesag nóg die mandaat nóg die geneentheid het om aan enige persoon of groep spesifieke of algemene begenadiging toe te staan buite die bestaande grondwetlike en regsraamwerk.

Pule Mabe, ANC-woordvoerder, het Masutha se ingryping in ’n verklaring verwelkom, asook sy verbintenis daartoe om die proses binne die regsraamwerk te versnel. Hy het egter die dringendheid van die saak beklemtoon.

“Ons herhaal ons vroeëre standpunt dat die ANC nooit die vernietiging van eiendom sal goedkeur of bevorder nie. Die brand van infrastruktuur, veral biblioteke en koshuise, vernietig die geleenthede vir studente van werkersklasgesinne en benadeel hul toegang tot hulpbronne wat ’n fundamentele vereiste is om sukses te verseker.”

Die EFF het ’n beroep gedoen op studente wat verhoor word of vonnisse uitdien om na vore te kom om hul aansoeke in te dien. Die party het ook universiteite gevra om Masutha se voorbeeld te volg en kwytskelding te gee aan aktiviste wat uit die instellings geskop of geskors is of deur interne tugstappe in die gesig gestaar word weens aktivisme teen gelde of verkragting. “Ons plaas veral klem op die aktiviste van die Rhodes-Universiteit wat teen verkragting op die kampus betoog het, om kwytgeskeld te word en weer op kampus toegelaat te word om hul studies in vrede te voltooi.”

Meer oor:  Anc Eff  |  #Feesmustfall  |  Michael Masutha  |  Aktiviste  |  Studente  |  Ingryping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.