Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
EFF gaan Vrydag weer in Brackenfell betoog

“Ons gaan ons grondwetlike reg uitoefen om vreedsaam te betoog en op te staan teen rassisme.”

Wandile Kasibe, EFF-woordvoerder in die Wes-Kaap, verduidelik hoekom die party nóg ’n betoging by die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad se noordelike voorstede beplan, ná die geweld wat die eerste betoging verlede Maandag tot gevolg gehad het.

Geweld het uitgebreek toe 'n groep van sowat 300 gemeenskapslede ’n groep van sowat 30 EFF-lede naby Hoërskool Brackenfell ingewag het. Foto: Jaco Marais

Dit is wyd veroordeel en pres. Cyril Ramaphosa het vrese oor “rasseverdeeldheid” wat gedurende die voorval gesien is in die parlement geopper.

Die EFF het Maandag ’n kennisgewing van die betoging, wat Vrydag om 10:00 gehou word, op sy sosialemedia-platforms gedeel.

Kasibe benadruk hul doel is om vreedsaam te betoog, maar as daar mense is wat ’n ander agenda het, sal hulle hulself moet beskerm. Hy het ’n beroep op die polisie en wetstoepassers gedoen om te verseker dat wet en orde gehandhaaf word.

“Daar sal genoeg mense wees én ons sal onsself verdedig as ons weer aangeval word. Ons wil gaan nee sê vir rassisme.”

’n Groep van sowat 30 EFF-lede het verlede week ’n bloutjie geloop toe hulle buite die skool teen ’n sogenaamde “wit matriekafskeid” wou gaan betoog. Die groep het hulle egter vasgeloop in ’n heelwat groter groep plaaslike inwoners en ouers van die skool en geweld het uitgebreek. Die polisie moes die groep inwoners terugdryf.

Geweld het uitgebreek toe 'n groep van sowat 300 gemeenskapslede ’n groep van sowat 30 EFF-lede naby Hoërskool Brackenfell ingewag het. Foto: Jaco Marais

Die EFF wou gaan betoog nadat ’n video van ’n geselligheid wat deur ouers van die skool gereël is, en waar blykbaar net wit leerlinge teenwoordig was, opspraak gewek het, want dit is beskou as ’n “wit matriekafskeid”.

Hoewel die skool deurgaans benadruk het die geselligheid was nie ’n amptelike skoolgeleentheid nie, het die beheerliggaam verlede week in ’n brief aan ouers van die skool sy “diep spyt oor die pyn wat dit ons leerlinge aangedoen het, veral ons leerlinge van kleur”, uitgespreek.

In die brief veroordeel die skool die geweld “onomwonde” en distansieer homself van die voorval van geweld “en enige vorm van haatspraak op sosiale media weens hierdie gebeure”.

“Die skool kan nie verantwoordelikheid neem vir die private geselligheid wat sonder die skool se betrokkenheid gereël is nie.”

Dit het egter aan die lig gekom dat daar reeds in Julie ’n vergadering met ouers gehou is wat hul kommer uitgespreek het oor ’n gebrek aan diversiteit by die skool.

Die skool het na die vergadering maatreëls ingestel om diversiteit te bevorder.

LEES OOK: Brackenfell: Ouers het al oor diversiteit gekla


Meer oor:  Brackenfell Hoërskool  |  Rassisme  |  Eff  |  Rasseverdeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.