Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
EFF is ANC se baas, sê Mbeki oor grondbeleid

Die ANC laat hom deur die EFF beïnvloed met sy “radikale afwyking” van sy vorige grondhervormingsbeleid, sê oudpres. Thabo Mbeki in ’n skerp aanval op oudpres. Jacob Zuma.

“Dis presies (Julius) Malema se standpunt, dat die wit deel van ons bevolking uitgesluit moet word uit die definisie van ‘ons mense’ en dat dit net toeëien word vir ‘swart mense in die algemeen en spesifiek vir Africans’.”

Oudpres. Thabo Mbeki

Onder Zuma se leiding het die ANC sy geskiedenis as ’n nierassige party versaak, skryf Mbeki in ’n meningstuk “What then about land expropriation without compensation”.

Die party het volgens hom die beginsels van die Vryheidsmanifes dat “Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon: swart of wit”, oorboord gegooi.

“Die standpunt wat ANC-leiers sedert sy 54ste nasionale konferensie oor die grondkwessie formuleer, maak dit duidelik dat die ANC se karakter verander het. Hy is nie meer die verteenwoordiger van die mense van Suid-Afrika nie.”

Die ANC se standpunt is nou dat grond van wit mense weggeneem en aan swart mense gegee word. Dit is as gevolg van die EFF se invloed op die ANC.

Mbeki beskuldig Zuma daarvan dat hy die aard en karakter van die ANC verander het in ’n swart party. Hy verwys na Zuma se uitlating verlede jaar voor die Raad van Tradisionele Leiers dat swart partye moet saamstaan vir ’n tweederde-meerderheid om art. 25 van die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

Meer oor:  Thabo Mbeki  |  Eff  |  Grondbeleid  |  Grond  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.