SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Politiek
EFF-LP trek nie ras-opmerking terug, stap uit raadsaal

Verwysings na ras het Donderdag voortgeduur in die Nasionale Vergadering (NV).

Minstens drie EFF-LP’s het in solidariteit met hul kollega Ntombovuyo Mente die raadsaal verlaat nadat sy geweier het om haar opmerking terug te trek dat die DA-lid Gwen Ngwenya “ ’n swart lid in die wit rassistiese DA” is.

Mente het gereageer op ’n stelling van Ngwenya wat in ’n lidverklaring na die EFF as “fasciste” verwys.

“Dit maak nie saak hoe emosioneel die debatte is of hoe polities uiteenlopend ons menings is nie, dit is steeds belangrik om mekaar te respekteer en om soos agbare lede op te tree. Dit is ook belangrik om die waardes van die Grondwet te handhaaf
Baleka Mbete

Mente het geweier om die stelling oor Ngwenya en die DA terug te trek, waarna Cedric Frolick, raadsvoorsitter, haar gevra het om die raadsaal te verlaat. Sy het saam met drie ander EFF-LP’s uitgestap.

Dié voorval volg nadat ’n woordewisseling Woensdag tussen John Steenhuisen, DA-hoofsweep, en Julius Malema, leier van die EFF, uitgebreek het. Dit was nadat Steenhuisen die EFF “VBS-plunderaars” genoem het, waarop Malema in reaksie hom ’n “rassistiese jong wit man” genoem het.

Lede van die parlementêre beskermingsdienste moes later in dieselfde sitting ingryp toe Nazier Paulsen, EFF-LP, en Andries Tlouamma, Agang-LP, handgemeen geraak het. Die bakleiery het gevolg nadat Tlouamma gesê het niemand kan toegelaat word om te sê dat wit mense nie in die raadsaal mag praat nie.

Thoko Didiza, wat tydens die bakleiery die raadsvoorsitter was, het Woensdagaand gelas dat Steenhuisen en Malema hul woorde aan mekaar moet terugtrek.

Albei het geweier waarna Didiza hulle gevra het om die raadsaal te verlaat.

Sy het Baleka Mbete, speaker van die NV, versoek om Paulsen, Tlouamma en ander LP’s wat by die bakleiery betrokke was, na die parlementêre tugkomitee te verwys. Ook dat die ander LP’s geïdentifiseer moet word wat “aktief deelgeneem het” aan die bakleiery.

Sy het in haar beslissing LP’s daaraan herinner dat hul optrede in die NV deur die publiek gevolg kan word omdat dit op die parlementêre televisiekanaal uitgesaai word.

“Dit maak nie saak hoe emosioneel die debatte is of hoe polities uiteenlopend ons menings is nie, dit is steeds belangrik om mekaar te respekteer en om soos agbare lede op te tree. Dit is ook belangrik om die waardes van die Grondwet te handhaaf,” het sy gesê.

Meer oor:  Nasionale Vergadering (Nv).Da  |  Eff  |  Ntombovuyo Mente  |  Gwen Ngwenya  |  Parlement  |  Lp  |  Verwysings  |  Ras
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.