Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
EFF-LP’s loop uit voor Pravin praat
Die EFF se LP’s stap Dinsdag uit die Nasionale Vergadering uit protes teen die spreekbeurt van Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings. Foto: Jaco Marais

Die enigste ontwrigting wat die rooipakke van die EFF Dinsdag in die Nasionale Vergadering veroorsaak het, was toe hulle uitgestap het voordat Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, begin praat het.

Julius Malema, partyleier, het voor Gordhan se spreekbeurt opgespring en gesê die minister mag nie praat nie omdat die openbare beskermer (OB) bevindings teen hom gemaak het.

Toe sy protes op dowe ore val, het die party se LP’s uitgestap en vir die duur van Gordhan se toespraak buite gebly.

Die minister het gesê die regering moet sy planne nou met dringendheid uitvoer.

Staatsinstellings is deel van ’n etiese, ontwikkelende en bekwame staat.

Hy het gewys op die verskillende rolle wat staatsinstellings wêreldwyd speel en die las wat staatskaping op Suid-Afrikaanse instellings geplaas het.

“Ons kan terselfdertyd aanmoediging put uit diegene wat die staatsinstellings laat werk.

“In die tydperk wat voorlê, sal ons deursigtigheid en aanspreeklikheid bevorder om swak bestuur te oorkom.”

Die vertoning van staatsinstellings sal voortaan ook behoorlik gemonitor word.

Gordhan het oënskynlik ook probeer vergoed vir die gebrek aan besonderhede in die staatsrede met talle voorbeelde in sy portefeulje.

Hy het die SAL se benarde geldelike posisie genoem, asook dië van Denel, die staat se wapenvervaardiger.

Gister het koerante berig dat personeellede van Denel dalk vandeesmaand nie hul volle salaris sal kry nie.

Gordhan het gesê ’n “lener het na vore gekom en hul volle salarisse sal nou betaal word”.

Oor Eskom het Gordhan gesê die minister van finansies sal binnekort die aanstelling van ’n hoofherstrukteringsbeampte aankondig. Daar word ook nog gehou by die strategiese plan om Eskom in drie te verdeel.

Meer oor:  Praviin Gordhan  |  Nasionale Vergadering  |  Debat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.